Home | Media Releases Index page |
Mediavrystelling 30 Desember, 2003 | |
Inleiding Jaarliks word die Top Twintig kandidate in die Senior Sertifikaateksamen van die WKOD erken en beloon. Daarbenewens word in 2003 dié skole wat in twee verdere kategorië uitstekend presteer het, deur middel van Ministeriële Toekennings vir Uitnemende Akademiese Prestasie vereer. Die toekennings is vir uitmuntende akademiese prestasie; verbetering in senior sertifikaat uitslae en dan ook vir verbeterde deurvloeikoers van leerders. Met die identifisering van pryswenners word in al drie kategorieë volgehoue prestasie in ag geneem terwyl die inskrywing van voltydse leerders in graad 12 óf konstant moes gebly óf moes toegeneem het. Om statisties-tersaaklike vergelykings te kan tref, is slegs skole wat 'n inskrywing van ten minste twintig voltydse graad 12-leerders in elkeen van die onderhawige jare gehandhaaf het, ingesluit. Alle skole, insluitende onafhanklike skole wat kandidate vir die senior sertifikaateksamen van die WKOD ingeskryf het, kom in aanmerking vir die toekennings. Die kategorië is as volg:
In die kategorie vir uitmuntende akademiese prestasie is daar twee sub-kategorië, nl. uitnemende prestasie binne die konteks waarin die skool funsioneer en uitnemendheid gemeet teen gegewe kriteria. Kategorie 1a - Uitmuntende prestasie binne die konteks waarin die skool funksioneer In hierdie kategorie word toekennings gemaak aan TIEN skole waarin die uitslae die afgelope drie jaar dui op volgehoue verdienstelike prestasies binne die konteks waarin die onderskeie skole funksioneer, terwyl die inskrywing van voltydse leerders in graad 12 óf konstant gebly het, óf toegeneem het. Die ‘konteks waarbinne ‘n skool opereer’ is gebaseer op die skool se jaarlikse skoolgelde in 2003, terwyl ‘verdienstelike prestasie’ gebaseer word op ‘n gewigsindeks wat die getal suksesvolle kandidate, die persentasie slaagsyfer, die matrikulasie-endossemente en die getal suksesvolle dogterkandidate in die senior-sertifikaateksamen in ag neem. Skole wat hierdie toekenning verwerf is (in alfabetiese volgorde) die volgende:
Kategorie 1b - Uitnemende akademiese prestasie gemeet aan gegewe kriteria: In hierdie kategorie word toekennings gemaak aan ALLE skole in die provinsie wat uitnemende akademiese prestasie die afgelope drie jaar behaal het, gemeet aan die hand van neergelegde kriteria. Die volgende kriteria is gebruik:
Die skole wat hierdie toekennings ontvang (in alfabetiese volgorde) is:
Kategorie 2a - Verbetering wat betref deurvloeikoers In hierdie kategorie word die verbetering in leerderdeurvloei erken. Toekennings word gemaak aan die TIEN skole waar die deurvloeikkoers van leerders konsekwent die grootste verbetering die afgelope drie jaar getoon het. (Die deurvloei van leerders is bereken deur die getal suksesvolle kandidate in Graad 12 in 2003 uit te druk as persentasie van die getal Graad 8-inskrywings in dieselfde skool in 1999, suksesvolle Graad 12-kandidate in 2002 as ‘n persentasie van die getal Graad 8-inskrywings in 1998 en so meer. Skole wat in hierdie kategorie vereer word, is:
Kategorie 2b - Verbetering in matrikulasie-endossement Toekennings word gemaak aan daardie VYF skole waarin die persentasie kandidate wat met matrikulasie endossement slaag, die grootste verbetering in die jare 2001 - 2003 getoon het, terwyl die inskrywing van voltydse leerders in graad 12 konstant gebly of toegeneem het. Die skole wat hierdie toekenning verwerf is (in alfabetiese volgorde) die volgende:
Kategorie 2c - Verbetering wat betref Senior-Sertifikaatslaagsyfer In hierdie vebeteringskategorie word vooruitgang in senior-sertifikaatslaagvlakke erken. Toekennings word gemaak aan daardie VYF skole waarin die persentasie kandidate wat met die senior-sertifikaat slaag, die grootste verbetering in die jare 2001 - 2003 getoon het, terwyl die inskrywing van voltydse leerders in graad 12 konstant gebly of toegeneem het. Die skole wat hierdie toekenning verwerf is (in alfabetiese volgorde) die volgende:
Waar ‘n skool hoogs verdienstelike prestasies lewer op ‘n gebied wat nie deur bogenoemde toekennings gedek word nie, mag so ‘n skool deur middel van ‘n spesiale toekenning volgens die diskressie van die keurkommitee vir erkenning voorgestel word: die finale besluit aangaande hierdie toekennings berus egter by die Superintendent-Generaal. Vanjaar, in nastrewing van die strategiese doelstellings van WKOD, word spesiale toekennings gemaak vir: 3.1 Uitmuntende akademiese uitset waar die skool meer as 250 suksesvolle senior-sertifikaatkandidate gehad het: hierdie toekennings word gemaak aan
3.2 Uitnemende prestasie in Wiskunde en Natuur- en Skeikunde, waar die skool meer as 100 suksesvolle kandidate in beide hierdie twee vakke op die Hoër Graad gehad het. Hierdie toekennings gaan aan
Uitgereik deur:: Die Direktoraat: Kommunikasie Wes-Kaap Onderwysdepartement Tel: (021) 467-2531 Faks: (021) 461-3694 E-pos: pattwell@pgwc.gov.za return to: Home | Media Releases Index page | |