Home | Media Releases Index page |
Mediavrystelling 24 April, 2003 | |||
Verkiesings van skoolbeheerliggame Verklaring deur André Gaum, Minister van Onderwys in die Wes-Kaap Beheerliggaamverkiesings sal tussen April en Oktober 2003 vir alle skole in die Wes-Kaap gehou word. Ingevolge die Suid Afrikaanse Skolewet moet elke openbare skool ‘n skoolbeheerliggaam daarstel om die skoolgemeenskap te verteenwoordig en die skool te bestuur. Die beheerliggaam is, onder andere, vir die volgende verantwoordelik:
Die verkiesing van skoolbeheerliggame bied aan skoolgemeenskappe die geleentheid om skole te omskep in inrigtings waarop hulle trots kan wees. Dit bied aan skoolgemeenskappe die geleentheid om hulle demokratiese reg uit te oefen om te stem vir verteenwoordigers van hulle keuse. Ek doen daarom 'n beroep op alle skoolgemeenskappe en ander rolspelers om deel te neem aan die komende verkiesings van beheerliggame. Sonder almal se aktiewe betrokkenheid kan die visie van goeie opvoeding vir alle leerders in die Provinsie nie verwesenlik word nie. Prinsipale van openbare skole sal elke leerder se ouers van ‘n kennisgewing voorsien met die datum, tyd, en plek van hulle skool se verkiesingsvergadering.
|