1.

Die WKOD bied vroeëkindontwikkeling- (VKO-) ontwikkeling-leerderskappe aan graad R-onderwysers wat aangestel is by onderwysinrigtings wat by die WKOD geregistreer is. Die volgende voorwaardes is van toepassing:

  • Alle onderrigkostes sal deur die WKOD gedek word
  • Onderwysers moet aangestel wees in ‘n graad R-klas.
  • Opleiding sal in die middae en gedurende skoolvakansies plaasvind oor ‘n tydperk van 18 maande.
  • Aan die einde van die opleidingskursus sal deelnemers geakkrediteer word met ‘n sertifikaat van bevoegdheid wat ge-endoseer is deur OOOP SOOO.
  • KKV vlak 4 is beskikbaar vir alle onderwysers wat nie geakkrediteerde VKO-opleiding ontvang het nie.
  • NKV vlak 5 is beskikbaar vir onderwysers wat oor ‘n geakkrediteerde vlak 4- of matrieksertifikaat beskik.
2. Onderwyser-applikante moet die meegaande aansoekvorm voltooi en instuur na die VKO- of grondslagfase-kurrikulumadviseur by hulle OBOS.
3. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 28 April 2007.
4. Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes.


GETEKEN: DR SHEPHERD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:04:04

Wat is ‘n leerderskap?  (grootte: 12 KB)
Aansoekvorm  (grootte: 16 KB)