1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) is bewus daarvan dat dit belangrik is om werknemers van die nodige leiding en ondersteuning te voorsien vir 'n gesonde lewenstyl. Die WKOD het gevolglik die Werknemersgesondheids-en-welstandsprogram ingestel om werknemers van hulp te voorsien wanneer hulle krisisse en uitdagings die hoof moet bied. Die program lê klem daarop dat 'n mens proaktief moet optree om 'n gebalanseerde en gesonde lewenstyl te handhaaf.
|
2. |
Die WKOD het 'n Gesondheids- en Welstandsdag gereël wat in die Suid-Kaap en Karoo-distrik sal plaasvind op 4 Oktober 2007 vanaf 12:00 tot 16:00. Die Gesondheids- en Welstandsdag sal aangebied word by Die Bult Jeugsentrum, Langenhovenweg, George. Die Bult Jeugsentrum kan geskakel word by 044 801 7600 vir aanwysings.
|
3. |
Die volgende dienste sal gratis aangebied word:
- Riglyne oor voeding
- TB-bewustheid
- MIV/VIGS-bewustheid
- Middelmisbruikbewustheid
- Cholesterol-meting
- Hipertensie-meting
- Papsmeer
- Borskankerondersoek
- Bewustheid van beradingsdienste
- Holistiese masseerterapie
- Nael- en handversorging
- Geskenksakkies
|
4. |
Bring asseblief hierdie minuut onder die aandag van alle werknemers van die WKOD in die Suid-Kaap & Karoo-distrik.
|
GETEKEN: E. KIRSTEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:09:11
|