Navrae: IA Opperman
Telefoon: 021 467 2765
Faks: 021 467 2996
Verwysing: 4/2/3/8
20070621-0052

Wes-Kaap Onderwysdepartement
Western Cape Education Department
ISebe IeMfundo IeNtshona Koloni

MINUUT NR:  

DLS/0014/2007


AAN:   

 ALLE HOOFKANTOORPERSONEEL


 

BENUTTING VAN DIE JTRACK-STELSEL VAN DIE WKOD


1. Die JTrack-stelsel (JTS) het die aanlyn-elektroniese-lêeropsporingstelsel vervang en is gedurende Maart 2007 inwerking gestel. Laasgenoemde stelsel is opgegradeer om die beweging van lêers meer akkuraat vas te stel.
2. Ten spyte van die nuwe fasiliteite wat die kantoor tans tot sy beskikking het, gebeur dit te maklik dat lêers vermis raak of dat dit andersins nie onmiddellik opgespoor kan word nie.
3. Ondersoek is gedoen om die oorsaak van bogenoemde probleme vas te stel en ook te bepaal tot watter mate die werklike status van lêers by sekere werkstasies ooreenstem met dit wat op die JTS weerspieël word. Die resultaat van die ondersoek was die volgende:
3.1 Beamptes se invakkie ("Inbox") en uitvakkie ("Outbox") is oorlaai.
3.2 Beamptes erken nie ontvangs van lêers wat aan hulle gestuur word nie.
3.3 Dit gebeur dat lêers wat na ander beamptes gestuur word, nie op die JTS uitgemerk word nie.
4. Ten einde die benutting van die JTS te verbeter, word alle beamptes versoek om die volgende te doen:
4.1 Erken onmiddellik ontvangs van lêers wat in die invakkie geplaas word.
4.2 Maak seker dat geen lêer op die JTS na 'n ander beampte uitgemerk word tensy dit beslis onderweg is nie.
4.3 Sodra u opmerk dat u uitvakkie vol bly, moet u dit asseblief rapporteer aan die persoon wat binne u betrokke Registrasie verantwoordelik is vir die JTS.
4.4 Identifiseer opleidingsbehoeftes binne u komponent en gee dit deur aan die persoon verantwoordelik vir die Jtrack binne u betrokke Registrasie.
4.5 Stel vas of die lêers wat in die "on your desk "-vakkie van die JTS verskyn, ooreenstem met dit wat by u werkstasie gehou word.
5. Om te verseker dat die instruksies hierbo uitgevoer word, sal daar gedurende Augustus 2007 inspeksies by elke werkstasie gedoen word. Dissiplinêre optrede sal oorweeg word teen beamptes wat nie uitvoering gee aan bogenoemde maatreëls nie.
6. Ten einde die bruikbaarheid van die JTS te verbeter, word u vriendelik versoek om die aangehegte vraelys in te vul en aan mev. M Fick, Algemene Registrasie, Kamer 6-22, Grand Central Towers te stuur.
7. Enige navrae oor die inhoud van hierdie minuut moet gerig word aan:
Mnr IA Opperman 021 467 2765 
Me M Fick       021 467 2758
Me C Currie     021 467 5757
8. Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle belanghebbendes.


GETEKEN: W.L. CARELSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:08:15


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
VEILIGE SKOLE: 0800 45 46 47
INBELSENTRUM: 0861 92 33 22

Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie minuut.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die minuut.
J-track vraelys  (grootte: 12 KB)