1. |
Volgens die jongste statistiek oor gerapporteerde gevalle, was daar 'n toename in die aantal drosterygevalle wat by die Direktoraat: Arbeidsverhoudinge gerapporteer is. Dit is dus nodig om duidelik te herhaal wat die betrokke wetgewing oor hierdie kwessie bepaal, en om die hoofde van inrigtings opdrag te gee om hierdie beleid aan alle werknemers bekend te maak.
|
3. |
'n Opvoeder wat afwesig is sonder verlof vir 'n tydperk van langer as veertien (14) dae agtereenvolgens, of 'n staatsdiensamptenaar wat afwesig is vir 'n tydperk van langer as 30 kalenderdae, sal beskou word as iemand wat gedros het ingevolge die toepaslike artikel soos hierbo genoem. Dit beteken dat dit beskou sal word dat die werknemer hom of haar uit die diens ontslaan het.
|
4. |
Hoofde van inrigtings en bestuurders moet die erns van hierdie saak onder alle personeellede se aandag bring en hulle inlig van die moontlike gevolge sou hulle dros.
|
5. |
Die inhoud van hierdie minuut moet onder die aandag gebring word van alle personeellede, wat 'n erkenning moet onderteken dat hulle dit verstaan. Die ontvangserkenning moet op lêer gehou word vir toekomstige verwysingsdoeleindes.
|
GETEKEN: E. KIRSTEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:10:22
|