1. |
Die nasionale onderwysdepartement is besig om `n databasis op te stel van die skoolgeld en ander relevante data van openbare gewone skole.
|
2. |
Aangeheg is `n vorm wat deur alle skole voltooi moet word. Let op die voetnotas ter verduideliking van sekere van die inligting op die vorms.
|
3. |
Die finansiële data wat verstrek word, moet ooreenstem met die inligting wat in die 2005 ge-ouditeerde finansiële state van die skole verskyn het.
|
4. |
Skole word versoek om die voltooide vorm teen 15 Maart 2007 aan die Wes-Kaap Onderwysdepartement terug te stuur per faks aan 021 467 2954 of per e-pos aan edunormstd@pgwc.gov.za, vir aandag Mnr J Kitshoff.
|
5. |
Navrae oor die voltooiing van die vorm kan gerig word aan:
Naam Telefoonnommer
Me N Davids 021 467 2180
Mnr M Williams 021 467 2179
Me I Van Niekerk 021 467 2181
|
6. |
U samewerking word hoog op prys gestel.
|
GETEKEN: E.I. MEYER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:02:22
|