Navrae: R. Stanley
J. Pekeur (UWK)
Telefoon: 082 418 4893
021 959 2112/3
Faks: 021 959 1249
Verwysing: 13/2/13/R
20060120-0030

Wes-Kaap Onderwysdepartement
Western Cape Education Department
ISebe IeMfundo IeNtshona Koloni

MINUUT NR:  

DCD/0006/2006


AAN:   

 DIREKTEURE, HOOFKURRIKULUMADVISEURS, KURRIKULUMADVISEURS VIR AFRIKAANS, HOOFDE VAN ONDERWYSINRIGTINGS WAT KANDIDATE VIR DIE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN VOORBEREI, BESTUURDERS VAN GEMEENSKAPSLEERSENTRUMS, EN AFRIKAANS-VAKHOOFDE EN ONDERWYSERS


 

UITNODIGING: LOK-SIMPOSIUM VIR AFRIKAANS-ONDERWYSERS


1. Hiermee nooi die Letterkunde Ondersteuningskomitee (LOK) alle onderwysers wat Afrikaans Eerste (Primêre) en Tweede (Addisionele) Taal aan graad 12-leerders onderrig, uit na die 2005-simposium wat op Vrydag 24 Februarie 2006 van 13:00 tot 18:00, en op Saterdag 25 Februarie 2005 van 9:00 tot 13:30, by die Universiteit van Wes-Kaapland aangebied sal word.
2. Die hoofdoel van die simposium is om letterkunde-onderrig te ondersteun. Die finale program sal vanaf 10 Februarie 2006 op die Afrikaans-webtuiste by http://curriculum.wcape.school.za beskikbaar wees.
3. Die inskrywingsgeld is R100,00 per persoon en belangstellendes kan per tjek, uitgemaak aan Stigting vir Afrikaans, betaal of die bedrag by die bank (Absa: Takkode: 506009, tjekrekening, rekeningnommer 0550145847) inbetaal.
4. Voornemende deelnemers moet die aangehegte inskrywingsvorm voltooi en dit teen nie later nie as 17 Februarie 2006 saam met die betalingsbewys faks aan me Janine Pekeur by (021) 959 1249.
5. Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes.


GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:01:31


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
VEILIGE SKOLE: 0800 45 46 47
INBELSENTRUM: 0861 92 33 22

Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie minuut.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die minuut.
Inskrywingsvorm  (grootte: 6 KB)