Navrae: L Ngondo
Telefoon: 021 467 2588
Faks: 021 467 2620
Verwysing: 11/6/2/1/1
2006/0609-0036

Wes-Kaap Onderwysdepartement
Western Cape Education Department
ISebe IeMfundo IeNtshona Koloni

MINUUT NR:  

DCD/0056/2006


AAN:   

 HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE (HOOFKANTOOR EN OBOS’e) SENIOR KRINGBESTUURDERS, KRINGBESTUURDERS, HOOFKURRIKULUMADVISEURS, SENIOR KURRIKULUMBEPLANNERS, KURRIKULUMADVISEURS EN HOOFDE VAN ONDERWYSINRIGTINGS


 

EERSTE INTERNASIONALE KAAPSTADSE BOEKESKOU (17 TOT 20 JUNIE 2006)


1. As werknemers van die Wes-Kaap Onderwysdepartement is dit ons almal se wens om ‘n leeskultuur in ons skole en gemeenskappe te kweek. Prinsipale word dus aangemoedig om van hierdie geleentheid van Kaapstad se eerste internasionale boekeskou ooit gebruik te maak, om ‘n leeskultuur onder ons jongmense, hulle onderwysers en hulle ouers te bevorder.
2. Die Kaapstadse Boekeskou sal in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gehou word. Dit sal duisende besoekers aanlok na ‘n asemrowende verskeidenheid uitstallings en gebeurtenisse met plaaslike sowel as eksotiese geure. Dit lei geen twyfel dat hierdie skou ‘n diepe indruk sal maak op jongmense se verbeeldings en dat dit ook onderwysers sal inspireer deur aanbiedinge van onderwerpe wat wissel van die popularisering van lees tot pogings om boeke meer toeganklik vir almal te maak. Hoë-profiel plaaslike en oorsese outeurs, sowel as ‘nuwe stemme’, sal by hierdie geleentheid teenwoordig wees. Die internasionale mengsel van toeriste, sakemanne, kinders, bibliotekarisse en lede van die publiek sal hiervan ‘n onvergeetlike letterkundige geleentheid maak.
3. Die skou sal daagliks vanaf 09:00 tot 17:00 oop wees, vanaf Saterdag, 17 Junie tot Dinsdag, 20 Junie. Die toegangsgeld is R30.00 vir volwassenes en R10.00 vir skoliere en pensioenarisse. Besonderhede van spesifieke gebeurtenisse sal in die media en ook op die volgende webtuiste verskyn: http://www.capetownbookfair.com. Vir verdere inligting kan u die boekeskoukantoor skakel by telefoon 021 422 5004. Die program is aangeheg.
4. Prinsipale word sterk aangeraai om van hierdie geleentheid gebruik te maak om geletterdheid te bevorder deur lede van hulle skole en gemeenskappe aan te moedig om die skou by te woon. Dit bied ‘n uitstekende geleentheid om die aandag te vestig op lees as die grondslag van leer.


GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:06:13


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
VEILIGE SKOLE: 0800 45 46 47
INBELSENTRUM: 0861 92 33 22

Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie minuut.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die minuut.
Program  (grootte: 28 KB)