1. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is daartoe verbind om toe te sien dat onderrigen leertyd optimaal benut word. Elke skool is dus daarvoor verantwoordelikheid om jaarliks onderrigtyd te beskerm en leer vir die volle 199-skooldae te ondersteun, in ooreenstemming met die Policy on Learner Attendance, soos gepubliseer in Staatskoerant Nr. 33150 van 04 Mei 2010.

2. Alle skool- en distrikskantoorpersoneel word versoek om kennis te neem van die onderstaande:
2.1 Elke skool is daarvoor verantwoordelik om sy skoolprogram vir die tydperk gedurende en ná die eksamen tot op die laaste skooldag van die kwartaal te beplan en alle leerders, ouers en distrikskantore dienooreenkomstig in te lig.
2.2 Skole wat grade 10, 11 en 12 aanbied (waar van toepassing) word daaraan herinner dat geen eksamens voor 28 Mei 2018 en 12 November 2018 mag begin nie. Skole kan egter by die distriksdirekteur aansoek doen om toestemming te verkry om praktiese eksamens in sekere vakke vroeër te begin.
2.3 Skole wat grade 7 tot 9 aanbied, mag nie hul eksamens voor 30 Mei 2018 en 12 November 2018 begin nie.
2.4 Skole wat grade 4 tot 6 aanbied, mag nie hul eksamens voor 04 Junie 2018 en 19 November 2018 begin nie.
2.5 Alle leerders moet vir ten minste vyf uur per dag gedurende die eksamentydperk by die skool wees. Indien 'n skool om 08:00 begin, mag die skool dus nie die leerders vroeer as 13:00 laat verdaag nie. Let daarop dat die veiligheid en vervoer van leerders in ag geneem moet word indien 'n vroeër sluitingstyd gereel word. Dit is dus baie belangrik dat ouers vooraf ingelig word sodat hulle ander reelings kan tref.
2.6 Alle leerders is onder die verpligting om gedurende die eksamentydperk skool by te woon, met uitsondering van graad 12-leerders wat op vyf studiedae voor die aanvang van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geregtig is.
2.7 Skole mag nie leerders inlig dat dit elke leerder se eie keuse is of hulle skool wil bywoon of nie, nadat die eksamen vir die kwartaal geeindig het of wanneer hulle nie eksamens of toetse skryf nie.
2.8 Alle opvoeders moet gedurende die eksamentydperk vir die volle skooldag (35 uur per week) by die skool te wees, ongeag of hulle toesighoudende pligte het, al dan nie.
2.9 Op die laaste dag van die skoolkwartaal moet leerders vir ten minste drie uur by die skool wees en opvoeders moet vir ten minste vyf uur by die skool te wees.

3. Prinsipale word daaraan herinner dat hulle hul eksamenroosters ten minste vier weke voor die aanvang van die eksamens by die kringbestuurder moet indien. Distriksamptenare sal die inwerkingstelling van hierdie direktiewe monitor.

4. Prinsipale en beheerliggame word versoek om spesiale aandag aan die opstel van hul programme gedurende eksamentydperke te skenk sodat waardevolle onderrig- en leertyd nie verlore gaan nie.


GETEKEN: TS MATSELISO
ADJUNK-DIREKDIREK-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING - EN KOÖRDINERING
DATUM: 2018:04:03