Hierdie minuut dien as ’n opvolg van Kurrikulumminuut DCG 0012/2017, gedateer 10 Julie 2017 en Kurrikulumminuut DCG 0018/2017, gedateer 06 Desember 2017.
2.
In 2013 het die Departement van Basiese Onderwys hul voorneme aangekondig om die Inkrementele Invoering van Afrikatale (IIAL) -program in te stel. Die IIAL is ’n prioriteitsprogram wat gemik is op die bevordering van sosiale kohesie in ons samelewing. Die doel daarvan is ook om voorheen gemarginaliseerde amptelike Afrikatale te bevorder en te ontwikkel soos vervat in die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en die Nasionale Ontwikkelingsplan.
3.
Daar word van alle skole, wat nie tans 'n voorheen gemarginaliseerde amptelike Afrikataal as 'n vak aanbied nie, vereis om Xhosa Tweede Addisionele Taal in Graad 1 en 2 in 2019 en Graad 3 in 2020 aan te bied. (Daarna sal die IIAL in die Intermediëre Fase ingestel word.)
4.
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) sal in Mei 2018 IIAL-inligtingsessies (imbizo’s/promosietoere) in alle distrikte hou vir daardie skole wat in punt 3 geïdentifiseer is. Dit sal hierdie skole ’n geleentheid bied om meer oor die IIALprogram te leer vir voorbereiding en implementering in Januarie 2019. Bywoning is dus ’n vereiste vir Prinsipale en Grondslagfase departemensthoofde.
5.
Die volgende datums is vir die distriksimbizo’s/-promosietoere geskeduleer:
Distrik
Datum
Plek
Tyd
Metro-Suid en Metro-Sentraal
07 Mei 2018
Fairview PS
14:30 – Registrasie en verversings
Duur – 15:00 tot 17:00
Metro-Oos en Metro-Noord
08 Mei 2018
Kuils River PS
Overberg
15 Mei 2018
Swartberg PS
Eden en Sentrale Karoo
28 Mei 2018
George HS
Kaapse Wynland
29 Mei 2018
Dit sal deur Distrikte bevestig word
Weskus
30 Mei 2018
Steynville PS
6.
Prinsipale word vriendelik versoek om die antwoordstrokie (Bylae A) te voltooi en nie later nie as 26 April 2018 na die toepaslike distrik Grondslagfase koördineerder terug te stuur.
7.
Vir enige navrae, kontak asseblief die toepaslike distrik Grondslagfase koördineerder soos hieronder gelys: