1. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het Omsendbrief E19 van 2018 (aangeheg) uitgereik. Dit het betrekking op die voorgeskrewe letterkunde tekste vir studiewerk vir alle amptelike tale op huistaal-, eerste addisionele taal- en tweede addisionele taalvlakke wat tydens die Senior Sertifikaat (SS)-eksamen in Mei/Junie 2019 geskryf sal word. |
2. |
Die Graad 12 letterkundevraestelle vir alle amptelike tale vir die Junie 2019 SSeksamen sal net op die nuwe letterkunde, soos in die aangehegte DBO Omsendbrief E19 van 2018, Bylae A tot Bylae F, opgenoem word, gebaseer wees. |
3. |
Bylae A tot Bylae F, bevat die lyste van voorgeskrewe letterkunde vir die verskillende genres vir huistale (HT'e), eerste addisionele tale (EAT'e) en tweede addisionele tale (TAT'e) vir die Mei/Junie 2019 SS-eksamen. |
3.1 |
Bylae A (bladsye 1 tot 5) is 'n lys van die titels van die romans wat vir die Mei/Junie 2019 Graad 12 SS-eksamen vir elke amptelike HT en EAT bestudeer moet word. |
3.2 |
Bylae B (bladsye 6 tot 10) bevat 'n lys van die titels van die dramas wat vir die Mei/Junie 2019 Graad 12 SS-eksamen vir elke amptelike HT en EAT bestudeer moet word. |
3.3 |
Bylae C (bladsye 11 tot 23) bevat 'n lys van die titels van die gedigte wat vir die Mei/Junie 2019 Graad 12 SS-eksamen vir elke amptelike HT en EAT bestudeer moet word. |
3.4 |
Bylae D (bladsye 24 tot 30) noem die titels van die kortverhale wat vir die Mei/Junie 2019 Graad 12 SS-eksamen vir elke amptelike HT en EAT bestudeer moet word. |
3.5 |
Bylae E (bladsye 31 tot 40) bevat 'n lys van die titels van die volksverhale wat vir die Mei/Junie 2019 Graad 12 SS-eksamen vir elke amptelike Afrika-huistaal bestudeer moet word. |
3.6 |
Bylae F (bladsye 41 tot 43) bevat 'n lys van die titels van die voorgeskrewe letterkunde wat vir die Mei/Junie 2019 Graad 12 SS-eksamen vir TAT'e bestudeer moet word. |
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: PAD BEETS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2018:08:03
|
|