1. |
Eksamenriglyne en voorbeeldvraestelle is opgestel om onderwysers en leerders met hul voorbereiding vir die 2018 NSS-eksamen in die volgende vakke te help:
- Tegniese Wetenskappe
- Tegniese Wiskunde
- Meganiese Tegnologie
- Siviele Tegnologie
- Elektriese Tegnologie
- Inligtingstegnologie
|
2. |
Die eksamenriglyne en voorbeeldvraestelle vir al die bogenoemde vakke, Elektriese Tegnologie uitgesluit, is op die Departement van Basiese Onderwys (DBO) se webwerf beskikbaar by https://bit.ly/2vDlOuh en https://bit.ly/2HpLdcx, onderskeidelik. |
3. |
Die eksamenriglyne en voorbeeldvraestelle het implikasies vir onderrig en leer, aangesien dit meer duidelikheid bied oor areas wat in sommige van die dokumente van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) as onduidelik beskou word. |
4. |
Die eksamenriglyne vervang nie die KABV-dokumente nie, aangesien dit bloot inligting bied oor die finale NSS-eksamen en waar nodig, die omvang en diepte van die inhoud wat geassesseer moet word, verduidelik. |
5. |
Elke riglyn moet altyd saam met die KABV van elke vak gebruik word. |
6. |
Prinsipale en distriksamptenare word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle personeel, ouers en leerders te bring. |
GETEKEN: PAD BEETS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2018:05:07
|
|