1. |
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir Rekeningkunde en Besigheidstudies bepaal dat die eksamen vir hierdie vakke uit een drie-uur vraestel van 300 punte moet bestaan. |
2. |
Die Raad van Onderwysministers het die verdeling van die huidige Rekeningkunde- en Besigheidstudie-eksamen goedgekeur en dit bestaan nou uit twee twee-uur vraestelle van 150 punte elk. |
3. |
Omsendbrief 0003/2018, gedateer 23 Januarie 2018, het die implementeringsdatums en nuwe vraestelformaat vir Rekeningkunde en Besigheidstudies uiteengesit. |
4. |
Om die behoorlike bestuur van die implementeringsproses te verseker, het die Departement van Basiese Onderwys (DBO) eksamenriglyne vir graad 10 Rekeningkunde en Besigheidstudies opgestel. |
5. |
Die eksamenriglyne vir graad 10 Rekeningkunde is aangeheg as Bylae A. |
6. |
Die eksamenriglyne vir graad 10 Besigheidstudies is aangeheg as Bylae B. |
7. |
Prinsipale word vriendelik versoek om hierdie inligting onder die aandag van alle onderwysers van openbare en onafhanklike skole te bring. |
GETEKEN: PAD BEETS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2018:11:13
|
|