Die doel van hierdie minuut is om skole oor addisionele inligting wat vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se Jaarlikse Skoolopname nodig is, in kennis te stel en moet saam met Kennis-en-inligtingsbestuursminuut: 0003/2017 gelees word.
2.
Die eLeer- en Naskoolse Spelwysigerprogramme vereis grondlyninligting wat met die assessering van die doelmatigheid van intervensies by alle skole sal help.
3.
Ten einde hierdie inligting te versamel, is twee addisionele SOBIS-skerms vir die afhandeling daarvan beskikbaar gestel. Die skerms sal vanaf 10 April 2017 beskikbaar wees.
4.
Maak asseblief seker dat hierdie inligting teen 30 April 2017 vasgelê en afgeteken is.
5.
Indien u enige probleme met die voltooiing van hierdie afdeling van die opname ondervind, kontak asseblief die distriksamptenare wat hieronder gelys is: