1. |
Soos aangedui in Omsendbrief 0026/2017, is werkboeke (graad R tot 9) vir die eerste helfte van 2018, by alle skole afgelewer. |
2. |
Ten einde werkboektekorte en -oorskotte vir graad R tot 9 in die eerste helfte van 2018 vroegtydig te identifiseer, moet alle openbare skole tussen 23 en 27 Oktober 2017 toegang tot SOBIS verkry. Gedurende hierdie tyd moet skole hul werklike getal werkboeke vir elke graad ontvang teenoor hul leerdertalprojeksie vir Januarie 2018 vaslê en afteken. |
3. |
Wanneer toegang tot SOBIS verkry is, moet skole die "Administration"-opsie op die keuselys kies. Kies "Workbooks" op die aftreklysie en dan die "Welcome and guidelines"- of "Capture"-skerm. |
5. |
Sodra al die skool se werkboekbesonderhede vir die spesifieke fases vasgelê is, moet die aftekenproses voltooi word. |
6. |
Die inligting wat rakende werkboektekorte en -oorskotte ingewin is, sal via EduInfoSearch toeganklik wees vir die toepaslike distriksamptenare wat verantwoordelik sal wees vir die fasilitering van die verspreiding en oplaai van werkboeke waar tekorte en oorskotte is. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke personeel. |
GETEKEN: HA LEWIS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2017:09:14
|
|