1. |
Die Departement van Kuns en Kultuur (DKES), in samewerking met die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad (SABOR), het verklaar dat Nasionale Boekweek (NBW) 2017 vanaf 04 tot 10 September 2017 gevier sal word. Vanjaar se tema is "#BUY_A_BOOK". |
2. |
Die tema moedig lede van ons samelewing aan om "'n boek te koop en te skenk" om meer plaaslike en uiteenlopende boeke in plaaslike tale te bevorder.
|
3. |
Die veldtog sal vanaf 28 Augustus tot 17 September 2017 by Exclusive Books, Bargain Books en Takealot.com aangebied word. Hierdie boekhandelaars sal gekeurde titels teen R20 aan die publiek verkoop. |
4. |
Die Onderwysbiblioteek- en Inligtingsdienste (EDULIS) daag alle Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) -werknemers uit om ten minste een boek te koop en dit aan die skool van u keuse te skenk ten einde die skoolbiblioteek-/klaskamer-/leeshoekversameling uit te brei. EDULIS moedig alle inrigtings aan om 'n boks vir skenkings by 'n sentrale punt te plaas. |
5. |
Vanjaar sal Internasionale Geletterdheidsdag (08 September) wêreldwyd gevier word en die tema is "Literacy in a Digital World". |
6. |
Hierdie tema is daarop gemik om die verskillende soorte geletterdheidsvaardighede te ondersoek wat mense nodig het om toenemende digitaal-bemiddelde samelewings te bestuur, en doeltreffende geletterdheidsbeleide en -programme te ondersoek wat die geleenthede wat die digitale wêreld bied, te kan benut. |
7. |
Die WKOD moedig skole aan om aan besprekings en aktiwiteite deel te neem om:
- 'n beter begrip van die verskillende soorte geletterdheidsvaardighede te kry wat mense nodig het om in 'n digitale wêreld te beweeg, en wat dit vir geletterdheidsonderrig en -leer beteken;
- belowende praktyke ten opsigte van beleide, programme, monitering en evaluering te deel en te ontleed, asook befondsing wat geletterdheid in 'n digitale wereld bevorder; en
- te ondersoek hoe digitale tegnologie die vordering in jeug en volwasse geletterdheid kan ondersteun.
|
8. |
Die volgende distriksbeamptes kan rakende skoolbiblioteekdienste gekontak word:
Faith Lawrence |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Weskus |
tel. nr. 021 860 1562 |
Janine Ontong |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Kaapse Wynland |
tel. nr. 023 348 4657 |
Carol van der Heever |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Metro-Suid |
tel. nr. 021 370 2084 |
|
9. |
Na aanleiding van versoeke van opvoeders om advies oor skoolbiblioteke, kan die volgende EDULIS-personeellid gekontak word:
Timothy Cloete |
Koördineerder: Skoolbiblioteekdienste |
tel. nr. 021 957 9626 |
|
GETEKEN: HA LEWIS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2017:08:24
|
|