1. |
Skole word versoek om vanaf die derde kwartaal van 2017, uitsluitlik op 2018 se aansoeke om leerdervervoerdienste (LVS) te fokus. Die verwerking van LVS-aansoeke wat nog vir 2017 voorhande is, word tans gefinaliseer en skole word versoek om nie enige nuwe LVS-aansoeke vir 2017 in te dien nie. |
2. |
Aansoeke om die instelling van nuwe roetes in Januarie 2018, moet teen 28 Julie 2017 by die betrokke kringbestuurder ingedien word. |
3. |
Aansoeke om die insluiting van addisionele leerders op bestaande roetes in Januarie 2018, moet teen 11 Augustus 2017 by die betrokke kringbestuurder ingedien word. |
4. |
Sodra skole vir die derde kwartaal van 2017 heropen, moet hulle begin om die volle gemotiveerde aansoeke voor te berei. |
5. |
Daar word van die kringbestuurder verwag om te verifieer/te bepaal of leerders in skole of koshuise geplaas kan word. Die kringbestuurder moet ook Afdeling B van die aansoekvorm voltooi voor die insluiting van hierdie leerders by 'n vervoerskema oorweeg kan word. |
6. |
Betrokke distriksamptenare sal die aansoeke verwerk soos benodig en die afgetekende aansoeke met roetekaarte teen 31 Augustus 2017 by die Direktoraat: Inrigtingshulpbronondersteuning indien vir die aandag van mnr Keith Lackay, Adjunkdirekteur: LVS. |
7. |
Vind asseblief hierby aangeheg 'n afskrif van die mees onlangse LVS-aansoekvorm, gedateer Julie 2015, wat vir die bogenoemde doel gebruik moet word. Verseker asseblief dat alle afdelings van die aansoekvorm voltooi word. |
8. |
Dit is baie belangrik dat aansoeke vir nuwe roetes en addisionele leerders vroegtydig ontvang word sodat die dienste verwerk en op die eerste skooldag in 2018 beskikbaar gestel kan word. |
GETEKEN: HA LEWIS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: BEPLANNING
DATUM: 2017:06:09
|
|