1. |
Daar word verwys na paragraaf 9 van die handleiding vir Standaard Bedryfsprosedures vir Leerdervervoerskemas (LVS) waarin die proses vir die betaling van ’n geldige LVS-kontrakteurseis uiteengesit word. |
2. |
Prinsipale word daaraan herinner dat net die name van leerders wat vir vervoer deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement se Hoofkantoor gemagtig is op die register met leerders wat van leerdervervoer (vorm WCED-062) gebruik maak en aan die LVSkontrakteur verskaf word, moet verskyn. |
3. |
Prinsipale word ook versoek om seker te maak dat die hoeveelheid leerders soos deur die LVS-kontrakteur op die Eisvorm (vorm WCED-063) aangedui, ooreenstem met die hoeveelheid leerders wat op die WCED-062-vorm aangedui is. |
4. |
Die hoeveelheid leerders wat op die WCED-062-vorm en die WCED-063-vorm aangedui word, mag nooit die hoeveelheid leerders wat vir vervoer op ’n bepaalde roete gemagtig is, oorskry nie. |
5. |
Prinsipale wat nie die bovermelde vereistes nakom nie, kan verwag om aan dissiplinêre prosedures onderwerp te word. |
6. |
U samewerking word op prys gestel. |
GETEKEN: TS MATSELISO
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING EN -KOÖRDINERING
DATUM: 2017:05:10
|
|