Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) moedig skole aan om aan die nasionale LIASA-kompetisie deel te neem deur die volgende te doen:
Na SABW, vertel ons asseblief wat u beplan het en of die beplande aktiwiteite suksesvol was en kom so in aanmerking om 'n verrassingspak, wat deur Wiley geborg is en by u naaste Van Schaik-winkel afgehaal kan word, te wen. Skryf asseblief elektronies in en beantwoord die volgende vrae (hierdie vrae sal u ook met die beplanning van u geleentheid/aktiwiteite/uitstalling help):
- Beskryf wat u vir SABW 2017 beplan het.
- Wat was die mikpunte van u beplande geleentheid/aktiwiteite/uitstalling?
- Wie was u teikengehoor en wat was die impak van u SABW 2017-aktiwiteite op hulle?
- Was u beplande SABW 2017-geleentheid/aktiwiteit/uitstalling suksesvol? Hoekom is u van mening dat die beoordelaars u biblioteek vir die prys moet oorweeg?
Sluitingsdatum van die kompetisie: Maandag, 03 April 2017
Skryf elektronies in: https://goo.gl/forms/wSBuFXyVjINs9MqH3
Navrae: Elsabé Olivier via elsabe.olivier@up.ac.za
Die wenners sal gedurende die week van 10 April 2017 telefonies of via e-pos in kennis gestel word. Voorspoed en geniet u aktiwiteite!
|