VERWYSING: | 20160713-2303 13/2/8/17/1/2 |
| NAVRAE: | K Lackay | TEL.: | 021 467 2327 | FAKS: | 021 483 7658 |
INRIGTINGSHULPBRONONDERSTEUNINGSMINUUT: 0005/2016 |
AAN: | HOOFDIREKTEUR: DISTRIKTE, DISTRIKSDIREKTEURE, ADJUNKDIREKTEURE: KORPORATIEWE DIENSTE (DISTRIKSKANTORE), KRINGBESTUURDERS, PRINSIPALE VAN GEWONE OPENBARE SKOLE EN VOORSITTERS VAN BEHEERLIGGAME |
| AANSOEKE OM NUWE LEERDERVERVOERDIENSTE VIR 2017 (NUWE DIENSTE EN ADDISIONELE LEERDERS) |
1. |
Skole word versoek om vanaf die derde kwartaal van 2016, uitsluitlik op 2017 se aansoeke om leerdervervoerdienste (LVS) te fokus. Die verwerking van LVS-aansoeke wat nog vir 2016 voorhande is, word tans gefinaliseer en skole word versoek om nie enige nuwe LVS-aansoeke vir 2016 in te dien nie. |
2. |
Aansoeke om die instelling van nuwe roetes in Januarie 2017, moet teen 29 Julie 2016 by die betrokke kringbestuurder ingedien word. |
3. |
Aansoeke om die insluiting van addisionele leerders op bestaande roetes in Januarie 2017, moet teen 12 Augustus 2016 by die betrokke kringbestuurder ingedien word. |
4. |
Sodra skole vir die derde kwartaal van 2016 heropen, moet hulle begin om die volle gemotiveerde aansoeke voor te berei. |
5. |
Daar word van die kringbestuurder verwag om te verifieer/te bepaal of leerders in skole of koshuise geplaas kan word. Die kringbestuurder moet ook Afdeling B van die aansoekvorm voltooi voor die insluiting van hierdie leerders by 'n vervoerskema oorweeg kan word. |
6. |
Betrokke distriksamptenare sal die aansoeke verwerk soos benodig en die afgetekende aansoeke met roetekaarte teen 02 September 2016 by die Direktoraat: Inrigtingshulpbronondersteuning indien vir die aandag van mnr Keith Lackay, Waarnemende Adjunkdirekteur: LVS. |
7. |
Vind asseblief hierby aangeheg 'n afskrif van die mees onlangse LVS-aansoekvorm, gedateer Julie 2016, wat vir die bogenoemde doel gebruik moet word. Verseker asseblief dat alle afdelings van die aansoekvorm voltooi word. |
8. |
Dit is baie belangrik dat aansoeke vir nuwe roetes en addisionele leerders vroegtydig ontvang word sodat die dienste verwerk en op die eerste skooldag in 2017 beskikbaar gestel kan word. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2016:07:15
Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000 Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22 Veilige Skole: 0800 45 46 47
|
|