1. |
Doel
Die doel van hierdie minuut is om die 2017 Vakatureroosters vir inrigtinggebaseerde opvoeders, inrigtinggebaseerde staatsamptenare, kantoorgebaseerde opvoeders en kantoorgebaseerde staatsamptenare in die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) bekend te maak. |
2. |
Publikasiedatums
Die publikasiedatums van die vakaturelyste, asook ander belangrike datums, is in die aangehegte bylaes vervat. |
3. |
Inrigtinggebaseerde opvoeders |
3.1 |
Die WKOD sal nie afsonderlike vakaturelyste vir poste op verskillende vlakke he nie. Alle vakante poste vir inrigtinggebaseerde opvoeders moet dus so gou moontlik in die vakaturelyste geadverteer word. |
3.2 |
Voorsiening sal vir die adverteer van Adjunkprinsipaal- en Prinsipaalposte op aandrang en onder spesiale omstandighede gemaak word. Wanneer 'n behoefte ontstaan, sal hierdie poste in spesiale vakaturelyste geadverteer word. |
3.4 |
Prinsipale en beheerliggame word versoek om seker te maak dat advertensies elektronies op die WKOD se webtuiste by http://wced.school.za en teen die gegewe sperdatum op die konsepvakaturelys ingevul word. |
3.5 |
Geen vorms in drukstukformaat sal aanvaar word nie. Prinsipale moet met hul kringbestuurders oorleg pleeg indien hulle probleme met die voltooiing van advertensies op die konsepvakaturelys op die webtuiste ondervind. |
4. |
Kantoorgebaseerde opvoeders |
4.1 |
Die WKOD sal drie kantoorgebaseerde opvoedervakaturebulletins uitreik. |
4.2 |
Lynbestuurders moet seker maak dat advertensies teen die sperdatums, wat op die bylae aangedui is, aan die Direktoraat: Werwing en Keuring voorgele word. |
4.3 |
Indien daar nie by die tydsraamwerke gehou word nie, sal die advertensie tot die volgende publikasiedatum/vakaturebulletin uitgestel word. |
4.4 |
Geen spesiale vakaturebulletins sal vir die poste met betrekking tot kantoorgebaseerde opvoeders gepubliseer word nie. |
4.5 |
Die goedkeuring van die Uitvoerende Komitee is nodig vir die publikasie van advertensies, en sodanige goedkeuring moet ingesluit word wanneer 'n advertensie ingedien word. |
5. |
Inrigtinggebaseerde staatsamptenare |
5.1 |
Die WKOD sal een vakaturebulletin vir inrigtinggebaseerde staatsamptenare met betrekking tot bevorderingsposte (Algemene Voorman, Huishoudelike Toesighouers en Senior Huishoudelike Toesighouers) uitreik. |
5.2 |
Vakante of befondsde poste sal op die diensstaat van die WKOD geidentifiseer word. |
5.3 |
Skole moet advertensieversoeke deur die Mensbestuurspraktykestelsel (die ou MKVBS) vir publikasie verifieer. |
5.4 |
Indien daar versuim word om advertering te bevestig, sal uitsluiting van 'n vakante pos in die WKOD die pos in die vakaturebulletin vir publikasie insluit. |
5.5 |
Omskakelversoeke met betrekking tot intreevlakposte (Administrasieklerke, Algemene Assistente, Huishoudelike Hulppersoneel) sal nie voor die publisering van 'n omskakelomsendbrief aanvaar word nie. |
6. |
Kantoorgebaseerde staatsamptenare |
6.1 |
Die WKOD sal drie kantoorgebaseerde staatsdiensvakaturebulletins uitreik. |
6.2 |
Lynbestuurders moet seker maak dat advertensies aan die Direktoraat: Werwing en Keuring voorgele word. |
6.3 |
Indien daar nie by die tydsraamwerke gehou word nie, sal die advertensie tot die volgende publikasiedatum/vakaturebulletin uitgestel word. |
6.4 |
Geen spesiale vakaturebulletins sal vir die poste met betrekking tot kantoorgebaseerde staatsamptenare gepubliseer word nie. |
6.5 |
Die goedkeuring van die Uitvoerende Komitee is nodig vir die publikasie van advertensies, en sodanige goedkeuring moet ingesluit word wanneer 'n advertensie ingedien word. |
6.6 |
Bestuursplanne moet ingesluit word wanneer die advertensie ingedien word. |
7. |
Vakaturelyste sal deur die WKOD se Leerafdeling gesirkuleer word en kan op die WKOD se webtuiste by http://wced.school.za onder "Vacancies" besigtig word. |
8. |
Die samewerking van alle betrokkenes sal die suksesvolle bestuur van die aanstellingsproses verseker en baie waardeer word. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
WAARNEMENDE HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2016:11:23
|
|