1. |
Ter ondersteuning van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se strategiese doelwitte en in ooreenstemming met die Departement se poging om verbeterde werwing- en keuringprosesse te verseker, is 'n bestuursbesluit geneem om aanhegsels (dekbrief en twee getuigskrifte) van die aanlyn aansoekstelsel te verwyder wanneer opvoeders om geadverteerde poste aansoek doen. |
2. |
Beheerliggame en/of onderhoudkomitees word versoek om tydens die werwing- en keuringprosesse 'n bevoegdheidsgebaseerde benadering toe te pas om te verseker dat die beste kandidate gekortlys word en op grond van hul vaardighede aangestel word. |
3. |
Kandidate op die kortlys moet versoek word om gewaarmerkte kopiee van die dokumentasie aan die beheerliggaam/onderhoudkomitee voor te le wanneer hulle vir 'n onderhoud genooi word.
|
4. |
U samewerking om die suksesvolle implementering van hierdie belangrike proses te verseker, sal hoog op prys gestel word. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2016:02:22
|
|