1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het hoespoedbreebandkonnektiwiteit (WAN) vir u skool voorsien en 'n draadlose Plaaslike Area Netwerk (LAN) as deel van die bekendstelling van die eLeerspelwysiger geimplementeer. |
2. |
Teen geen ekstra koste nie, maak die WAN en LAN internettoegang vir u onderwysers en leerders in alle instruksie-areas moontlik. |
3. |
Sosialemediatoepassings soos WhatsApp, Twitter en Facebook is vir medewerkende werk en deel van kennis tussen onderwyser en leerder op die WAN- en LAN-netwerke in werking gestel. |
4. |
Die LAN-gebruikerstatistieke dui tans aan dat die WAN en LAN onderbenut is. |
5. |
Onderwysers en leerders word aangemoedig om met behulp van hul slimfone, skootrekenaars en ander toestelle by die LAN aan te teken. Dit sal onderrig en leer deur middel van digitale hulpbronne moontlik sowel as makliker maak. |
6. |
Inligting en 'n maklike stapsgewyse gids oor hoe om by die draadlose LAN aan te teken, is reeds met die eLeerkampioen by jou skool gedeel. |
7. |
Die gids oor hoe om by die draadlose LAN aan te teken, is by hierdie minuut aangeheg.
|
8. |
Indien u verdere hulp nodig het om u onderwysers en leerders toe te laat om by die draadlose LAN aan te teken, kontak asseblief die LAN-hulplyn of u distrikseLeeradviseur. |
9. |
Die kontakbesonderhede van tegniese ondersteuning is soos volg:
|
10. |
Die kontakbesonderhede van die distriks- eLeeradviseur is soos volg:
|
11. |
U voortgesette ondersteuning word hoogs op prys gestel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
WAARNEMENDE HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2016:09:28
|
|