1.1 |
Met die Staat van Gereedheidsbesoeke in Julie 2015 en die ouditering van openbare en onafhanklike skole se kluise/instapkluise deur die Departement van Basiese Onderwys (DBO) en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), is daar gevind dat die meeste van die skole nie 'n beleid het ten opsigte van die gebruik van die skool se kluis/instapkluis en die kluis/instapkluis se sleutel gedurende die aflê van die NSSeksamen. |
1.2 |
Vir die Oktober/November 2016 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamen moet alle openbare en onafhanklike skole 'n kluis/instapkluis en kluissleutel beleid in plek hê om te verseker dat die NSS-eksamen nie in gedrang kom nie. |
1.3 |
Prinsipale of sentrumbestuurders moet toesien dat alle handboeke, skryfbehoeftes, en/of ander materiaal wat die integriteit van die NSS-eksamen in gevaar mag stel, verwyder word. Slegs materiaal wat direk betrekking het op die Oktober/November 2016 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en Volwasse Onderwys en Opleiding (VOO) eksamen word toegelaat in die kluis/instapkluis vir die volle duur van die eksamen. |
1.4 |
Skole word verder aangeraai om 'n alarmstelsel te oorweeg en dit met 'n sekuriteits maatskappy te verbind vir 24-uur waarneming, indien so 'n sekuriteitstelsel nie in plek is nie. |
2. |
Norme en Standaarde vir die hantering van die skool kluis/instapkluis en die hantering van die kluis se sleutels |
2.1 |
Toegang tot die skool kluis |
2.1.1 |
Geen persoon mag toegelaat word om alleen toegang tot die kluis/instapkluis te hê terwyl vraestelle in die kluis gestoor word nie. Dit beteken dat die skool sekretaresse vir die hele NSS-eksamen periode op enige gegewe tyd nie toegang tot die kluis/instapkluis moet hê nie. |
2.1.2 |
Slegs die prinsipaal of sentrumbestuurder en hoofopsiener mag as 'n groep toegang tot die kluis/instapkluis verkry wanneer die vraestelle verwyder word op die dag van 'n spesifieke eksamen. |
2.1.3 |
Op die dag van die eksamen, 'n uur voor die aanvang van die eksamen, moet die prinsipaal of sentrumbestuurder, hoofopsiener en senior vakonderwyser die vraestelle uit die kluis/instapkluis verwyder. |
2.1.4 |
Toegang tot die kluis/instapkluis moet ten alle tye gemonitor en beheer word. |
2.1.5 |
Daar moet 'n register vir die kluis in plek wees en alle amptenare wat die kluis/instapkluis betree, moet in en uit teken op die register en redes aandui vir toetrede/toegang tot die kluis/instapkluis. |
2.1.6 |
Sodra die beoogde diens/aktiwiteit voltooi is, moet amptenare onmiddellik die kluis/instapkluis sluit. |
2.1.7 |
'n Dubbele sluitstelsel tot die kluis/instapkluis word aangemoedig sodat dit onmoontlik is vir een amptenaar om die geleentheid te hê om die kluis/instapkluis alleen binne te gaan. Waar 'n dubbele sluitstelsel nie moontlik is nie, moet ander maniere van die stoor van die sleutels van die kluis/instapkluis ondersoek word sodat geen amptenaar die kluis/instapkluis alleen binne kan gaan nie. Dit beteken ook dat die skoolhoof/ sentrumbestuurder nie alleen toegang het tot die skoolkluis/instapkluis nie. |
2.2 |
Hantering van die sleutels van die kluis |
2.2.1 |
Die skoolhoof of sentrumbestuurder is alleen verantwoordelik vir die veilige bewaring van die kluis/instapkluis se sleutels. |
2.2.2 |
Die skoolhoof of sentrumbestuurder moet 'n tweede amptenaar as plaasvervanger aanwys in gevalle waar die skoolhoof of sentrumbestuurder op verlof is, of weg is op amptelike diens buite die kantoor. |
2.2.3 |
Alle kluise/instapkluise moet 'n duplikaatsleutel he. Die duplikaatsleutel moet deur die kringspanbestuurder of IBB-bestuurder by die distrikskantoor gehou word. Die besonder-hede van die persoon wat verantwoordelik is vir die duplikaatsleutel moet teen 30 September 2016 aan die WKOD gestuur word en geadresseer word aan:
Mnr Clive Berry Faks nommer: 021 461 5637 of 086 660 1965 Epos adres: Clive.Berry@westerncape.gov.za
|
2.2.4 |
Duplikaatsleutels moet nie by privaat instellings gestoor of gehou word nie. |
2.2.5 |
'n Oudit van die sleutels sal op 'n gereelde basis deur die distrikskantoor gedoen word om te verseker dat al die sleutels in plek is. |
2.3 |
Prosedures om te volg indien die kluis se sleutels verlore is |
2.3.1 |
Die volgende prosedures moet noukeurig gevolg word indien daar ongelukkige voorval van 'n verlore sleutel vir ¡¥n kluis/instapkluis gedurende die eksamen tydperk voorkom:
- rapporteer die verlore sleutel onmiddellik aan die Distrik-direkteur en Hoofkantoor vir aandag aan Mnr Clive Berry by telefoonnommer 021-4672265
- rapporteer dit gelyktydig aan die SA Polisiediens om 'n MAS nommer te kry
- die duplikaatsleutel moet onmiddellik by die distrikskantoor afgehaal word om die kluis oop te maak
- reël by die spesifieke kluis diensverskaffer of plaaslike slotmaker om die slot meganisme te vervang. Twee nuwe kluissleutels moet aan die skool verskaf word
- voorsien die distrikskantoor met een van die nuwe kluis/instapkluis sleutels
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:09:02
|
|