1. |
Openbare en onafhanklike eksamensentrums is onderworpe aan periodieke evaluering, wat deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) onderneem moet word, sodat die WKOD se gereedheid om die Nasionale Senior Sertifikaateksamen (NSS-eksamen) af te neem vasgestel kan word. |
2. |
Amptenare van die WKOD sal skole kontak om 'n datum en tyd vir 'n besoek te reel. Die besoeke sal tot 45 minute beperk word. |
3. |
Besoeke sal vanaf Julie 2016 tot September 2016 gehou word. |
4. |
Prinsipale word vriendelik versoek om met die amptenare saam te werk sodat die besoeke kort, maar betekenisvol kan wees. |
5. |
'n Afskrif van die instrument wat vir die evaluering van die eksamensentrums gebruik sal word, is hierby aangeheg. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:06:23
|
|