1. |
Alle rolspelers, insluitend prinsipale van hoer-/sekondere skole, asook bestuurders van gemeenskapsleersentrums, moet asseblief daarop let dat:
Alle onopgeeiste sertifikate na 'n tydperk van twaalf (12) maande nadat die sentrums die sertifikate ontvang het, opgespoor en na hoofkantoor teruggestuur moet word. Sertifikate van die November 2014-eksamen wat in 2015 versprei is, moet teen 30 Junie 2016 na hoofkantoor teruggestuur word. Hierdie proses moet jaarliks herhaal word. |
2. |
Onopgeeiste sertifikate sal vir 'n tydperk van drie (3) jaar vir moontlike afhaling deur die kandidate op 'n veilige plek by hoofkantoor bewaar word, waarna dit vernietig sal word. |
3. |
Die betrokke rolspelers moet ook die regulasies, beleide en Umalusi-voorskrifte wat op die volgende betrekking het, nakom:
- Dat onopgeeiste sertifikate een (1) jaar na die vrystelling daarvan by verspreidingspunte afgehaal word.
- Sertifikate moet as uiters kosbaar hanteer en te alle tye in veilige omstandighede bewaar word.
- Kandidate moet in kennis gestel word wanneer sertifikate gereed is om afgehaal te word en die verspreiding daarvan moet in veilige omstandighede plaasvind.
|
4. |
Skole word versoek om die onopgeeiste sertifikate vir die aandag van mnr Zane Isaacs by die Direktoraat: Eksamens, 5de vloer, kamer 502, Grand Central-gebou, Kaapstad, 8001 terug te stuur. |
5. |
Hierby aangeheg is 'n klaringsertifikaat wat deur skole voltooi moet word om te bevestig dat alle sertifikate vir die jare wat aangedui word, verwyder en na hoofkantoor teruggestuur is. |
6. |
Navrae aangaande die terugstuur van die onopgeeiste sertifikate moet aan mnr Z Isaacs by e-pos: zane.isaacs@westerncape.gov.za of faksnommer 086 514 8044 of 021 461 5637 gerig word. |
7. |
U samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:06:07
|
|