1. |
Verbetering van Wiskunde in alle grade is een van die sleutelprioriteite van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD). |
2. |
Die WKOD het 'n omvattende opleidingskursus ontwikkel wat die onderrig van Wiskunde hopelik na die volgende vlak gaan vat. |
3. |
Die doel van hierdie opleiding is om opvoeders in die volgende areas van Wiskunde-onderrig te ontwikkel:
- vraagtegnieke om wiskundige denke te stimuleer;
- strategiee om leerders te help om vrae te verstaan en te interpreteer;
- strategiee om vrae op verskillende kognitiewe vlakke te stel;
- opstel van toetse en assesseringstake van gehalte;
- hoe om 'n toetsvraestel/formele assesseringstaak te modereer;
- gehalteversekering van leerders se werk; en
- hoe om item-en-fout-ontleding te gebruik en die toepaslike ondersteuning te verskaf.
|
4. |
Die kursus sal verseker 'n praktiese ervaring in alle genoemde aspekte wees. |
5. |
Met die doel is alle vakadviseurs opgelei en die WKOD sien daarna uit om die volgende groep lynbestuurders wat vir Wiskunde op skoolvlak verantwoordelik is, op te lei. |
6. |
Hierdie amptelike mededeling is 'n kennisgewing van die volgende Wiskunde-opleiding:
Wie dit moet bywoon: |
Departementshoofde (DHfs) van grondslag- en intermediere fase en/of vakhoofde wat vir Wiskunde verantwoordelik is. |
Wanneer: |
29 - 31 Maart en 01 April 2016 (Dinsdag - Vrydag). |
Plek: |
Sal distriksgebaseerd wees en nader aan die tyd bevestig word. |
|
7. |
Neem asseblief kennis dat die opleiding van alle Wiskunde-opvoeders van die grondslag- en intermediere fase in Julie 2017 sal plaasvind. |
8. |
Dit is belangrik dat die toepaslike departementshoofde en/of vakhoofde vroegtydig geregistreer word, want dit sal as gids vir die beplanning van die opleiding dien. Die registrasievorm (Bylae A) moet teen Donderdag, 04 Februarie 2016 by die toepaslike AOO-kordineerder wat in die tabel hieronder gelys is, ingedien word:
|
9. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van die tersaaklike personeellede te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:01:12
|
|