1. |
Volgens die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Tale in die Senior Fase (Graad 7-9), moet leerders "formele studie van literêre tekste" insluitende kortverhale, novella, poësie en drama onderneem. |
2. |
Die provinsiale lys van aanbevole boeke vir graad 7 tot 9 Letterkundestudie vir 2017 is aangeheg. |
3. |
Hoewel nuwe titels tot die lys gevoeg is, is dit saamgestel met die doel om die behoefte vir die aankoop van nuwe boeke te verminder. |
4. |
Die Voorgeskreweboekekomitees het alle aanbevelings en kommentaar oorweeg en veranderinge is op die provinsiale lys aangebring |
6. |
Skole moet daarop let dat hierdie lys bedoel is om graad 7- tot 9 taalonderwysers te help met die selektering van letterkundetekste. Baie tekse sluit vrae, toepassing en notas in om leerders te ondersteun. Vir sommige titels is ondersteuning op die internet beskikbaar. |
7. |
Die studie van verskeie genres, insluitende poësie, novelle, kortverhale, drama en 'essays' (in isiXhosa), sal `n basis bied vir literêre analise op VOO-vlak. Die insluiting van 'essays' in isiXhosa is dus daarop gemik om toepaslike kreatiewe skryfvaardighede te vorm en te ondersteun. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:10:12
|
|