1. |
Kurrikulumminuut DCG 0010/2016 het die opleiding van alle onderwysers vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) wat vir die onderrig van graad 8 en 9 Rekeningkunde verantwoordelik is, aangekondig. Onderwysers moes registreer vir die opleiding wat van Maandag, 04 Julie tot Vrydag 08 Julie 2016 by die Kaapse Onderrig- en Leierskapsinstituut (KOLI) plaasvind. |
2. |
Hierdie minuut dien as 'n bevestiging van die bovermelde opleiding. |
3. |
Die opleiding sal plaasvind by:
Distrik |
Plek |
Alle Distrikte: Metro-Sentraal Metro-Noord Metro-Oos Metro-Suid Kaapse Wynland Eden en Sentrale Karoo Overberg Weskus |
Opleiding is gesentreer by: Kaapse Onderrig- en Leierskapsinstituut Nooiensfonteinweg Kuilsrivier Tel. no. 021 900 5041
Koshuisverblyf slegs vir landelike distrikte: Afgevaardigdes wat vir koshuisverblyf geregistreer is, sal in die koshuise by KOLI gehuisves word. Kyk punt 6 hieronder vir besonderhede. |
|
4. |
Let asseblief daarop dat die opleiding daagliks van 07:30 (vir 08:00) tot 15:30 sal plaasvind, behalwe op die laaste dag wanneer dit om 14:00 sal eindig. |
5.1 |
'n Reistoelaag sal onderhewig aan die volgende voorwaardes betaal word:
- Bywoning van die volle opleidingskursus moet bevestig word.
- Die totale afstand wat vir die vyfdagtydperk gereis word, moet 100 km oorskry, d.w.s. minstens 'n 20 km-retoerrit per dag.
- Die totale afstand waarvoor vir die vyfdagtydperk geeis word, mag nie 700 km oorskry nie, d.w.s. nie verder as 'n 140 km-retoerrit per dag nie. Deelnemers wat hierdie afstand oorskry, sal nie vir 'n reisafstand van meer as 700 km vergoed word nie en word aangeraai om eerder vir verblyf te registreer.
|
5.2 |
Reiseise sal volgens die volgende kriteria beoordeel word:
5.2.1 |
Gebruik van eie motor |
Onderwysers moet so ver as moontlik vervoer deel. Slegs die bestuurder of eienaar van die voertuig mag eis vir die kilometerafstand wat gereis is. Passasiers moet gelys word. 'n Standaardtarief van R3,00 per kilometer sal betaal word. Enjinslagvolume sal nie van toepassing wees nie. |
5.2.2 |
Gebruik van 'n saamryklub (betaal of gratis) in 'n privaat voertuig |
Slegs die bestuurder of eienaar van die voertuig mag eis vir die kilometerafstand wat gereis is. Passasiers moet gelys word. 'n Standaardtarief van R3,00 per kilometer sal betaal word. Enjinslagvolume sal nie van toepassing wees nie. |
5.2.3 |
Gebruik van die skoolbus |
Die skool moet 'n brief voorle wat aandui dat die skoolbus vir hierdie kursus gebruik is, asook die name van die passasiers en die afstand wat gereis is. 'n Standaardtarief van R3,00 per kilometer sal betaal word. Enjinslagvolume sal nie van toepassing wees nie. |
5.2.4 |
Gebruik van 'n geregistreerde diensverskaffer
LW: Voorafgoedkeuring moet skriftelik van die AOO-distrikskoördineerder verkry word. |
Stap 1) |
Voor die opleiding moet die skool drie kwotasies bekom. |
Stap 2) |
Die skool moet hierdie kwotasies aan die AOO-koördineerder voorlê. Die laagste kwotasie sal aanvaar word. |
Stap 3) |
Die AOO-koordineerder moet skriftelike bevestiging aan die prinsipaal verskaf dat die diens gekontrakteer kan word. |
Stap 4) |
Die skool moet vir die huur van die diens reel. |
Stap 5) |
Na die diens moet die skool die diensverskaffer betaal en 'n kwitansie kry. |
Stap 6) |
Vir die terugbetaling moet die skool 'n brief by die bestuurder van distrikseise indien. Daarin moet aangedui word dat die betrokke diensverskaffer gebruik is en die name van die passasiers en die besonderhede van die afstand wat gereis is, moet gelys word. Die kwotasies, die goedkeuring vanaf die AOO-koordineerder en die finale betaalde faktuur moet aangeheg word. |
Alle papierwerk moet as bewys vir die interne ouditeur gehou word. Die WKOD sal slegs die skool by ontvangs van getekende dokumentasie, insluitende die voorafgeskrewe goedkeuring van die AOO-distrikskoordineerder, vergoed. Onderwysers moet reel dat die groep op 'n sentrale punt opgelaai word.
|
5.2.5 |
Gebruik van openbare vervoer bv. 'n openbare taxi, bus, trein vir kortafstandreis |
Eise moet die begin- en eindpunt van elke stadium van die reis aandui. Vergoedings sal volgens die standaardtariewe gedoen word. Bewys (kaartjies) kan deur die eise-amptenaar aangevra word sodat die eis geldig verklaar kan word. Geen taxi’s met meters mag vir eise gebruik word nie. |
|
6. |
Verblyf en maaltye (slegs van toepassing op onderwysers uit landelike distrikte) |
6.1 |
Verblyf en maaltye (ontbyt en aandete) sal by KOLI voorsien word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
- Die afstand na die opleidingslokaal moet meer as 60 km in een rigting wees, d.w.s. 120 km retoer.
- Bywoning van die volle opleidingskursus moet bevestig word.
- Registrasie moet vooraf voltooi word.
- Elke vereiste wat hieronder in 6.3 uiteengesit is, moet nagekom word.
- Slegs een opsie (kyk 6.3 hieronder) mag gekies word, en onderwysers sal vir geen verandering of alternatiewe verblyf vergoed word nie.
|
6.2 |
Verblyf sal vanaf die eerste tot die laaste dag van die opleidingskursus voorsien word, met die opsie van aankoms vanaf 16:00 tot 18:00 op die dag voor die werksessie begin. |
6.3 |
Tipes verblyf:
Onderwysers wat vir verblyf in aanmerking kom, kan vir EEN van die opsies hieronder registreer:
6.3.1 |
Koshuisverblyf |
Koshuisverblyf by die KOLI, teen geen koste vir onderwysers nie, sal voorsien word. Die volgende voorwaardes geld:
- Onderwysers sal kamers deel.
- Onderwysers moet hul eie beddegoed, handdoeke en toiletware saambring.
- Die aankomstyd op die Sondag (03 Julie 2016) is slegs vanaf 16:00 tot 18:00.
|
6.3.2 |
Geregistreerde gasvryheidsinstellings, bv. bed-en-ontbyt-gastehuise, hotelle |
Die volgende voorwaardes sal geld:
- Hoogstens R400 per dag mag vir aandete, bed en ontbyt geeis word.
- 'n Oorspronklike faktuur vanaf die instelling moet deur die eiser medeonderteken en by die opleidingskursus ingedien word.
- Betaling van onvolledige of laat eise word nie gewaarborg nie.
|
6.3.3 |
Verblyf by familie/vriende |
Die volgende voorwaardes sal geld:
- Hoogstens R260 per dag mag vir aandete, bed en ontbyt geeis word.
- Hierdie eise moet vergesel word van 'n beedigde verklaring van die betrokke familielid/vriend. Dit moet deur die eiser medeonderteken en by die opleidingskursus ingedien word.
|
6.3.4 |
Privaat korttermyn- huurooreenkomste/-kontrakte |
Die volgende voorwaardes sal geld:
- Die skool sal vir die verblyfreelings en betaling daarvan (alle koste vir aandete, bed en ontbyt) verantwoordelik wees.
- 'n Behoorlike proses moet gevolg word:
Stap 1) |
Die skool moet vooraf 'n brief by die AOO-koordineerder indien om die gebruik van 'n gehuurde fasiliteit vir die huisvesting van 'n groep onderwysers te versoek. Besonderhede van die verblyf, insluitende die huurkontrak en die name van die onderwysers, moet verskaf word. |
Stap 2) |
Die AOO-koordineerder moet die reeling skriftelik goedkeur. Geen reelings kan hiersonder afgehandel word nie. |
Stap 3) |
Die skool moet betaal en die kwitansie en ondersteunende dokumentasie (die huurkontrak en die goedkeuring van die AOO-koordineerder) by die opleidingskursus indien. |
- Die eis sal as een rekening hanteer word, betaalbaar aan die skool.
- Hoogstens R250 per onderwyser per dag sal betaal word - dit sluit alle koste ten opsigte van verblyf, aandete en bed en ontbyt in. Die presiese bedrag wat terugbetaal word, sal egter afhang van die presiese koste, tot en met 'n maksimum van R250 per persoon per dag. Enige koste bo en behalwe hierdie bedrag sal nie deur die WKOD betaal word nie.
- Alle oorspronklike maaltydkwitansies, kasregisterstrokies, ens. moet afgeteken en met 'n opsomming ingedien word.
- Die hele eis moet as een rekening ingedien word met 'n dekbrief vanaf die skool wat deur al die oorspronklike dokumentasie ondersteun word.
|
|
7.1 |
Alle onderwysers wat 'n eis wil indien, moet die aangehegte bankbesonderhedevorm voltooi en dit op die eerste dag by die eisetoonbank by die opleidingslokaal indien. Die bankbesonderhedevorm moet deur die bank gestempel word. Slegs 'n oorspronklike vorm mag ingedien word. Geen fakse of fotokopiee sal aanvaar word nie. Onderwysers moet hierdie vorm voltooi voordat die opleiding begin (m.a.w. opdaag by die lokaal met hierdie vorm wat klaar ingevul is). |
7.2 |
Alle eise moet deur oorspronklike dokumentasie ondersteun word. Geen fakse of fotokopiee sal aanvaar word nie. |
7.3 |
Eisers sal slegs na voltooiing van die opleidingskursus vergoed word en moet dus hul eie onkoste vooruit dek. Waar nodig, word skole vriendelik versoek om hul onderwysers in hierdie opsig tegemoet te kom. Bewys van betaling moet bewaar word. |
7.4 |
Terugbetalings sal slegs na deeglike ondersoek van die eis gemaak word, en die WKOD behou die reg om die finale besluit te neem waar daar enige ongerymdheid of nie-nakoming is. |
7.5 |
Alle eise moet ingedien word by die opleidingslokaal, waar beamptes byderhand sal wees om eisers te help. |
7.6 |
Geen laat of onvoltooide eise sal aanvaar word nie, tensy daar buitengewone versagtende omstandighede is, en terugbetaling kan nie gewaarborg word nie. |
8. |
Navrae
Indien jy enige navrae het, moenie huiwer om die betrokke AOO-distrikskoordineerder te kontak nie:
|
9. |
Alle deelnemers moet hul KABV-dokumente vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe saambring. |
10. |
Prinsipale word vriendelik versoek om hierdie minuut onder die aandag van alle EBW-vakhoofde te bring. Let asseblief daarop dat registrasie tot 24 Junie 2016 toegelaat sal word. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:06:15
|
|