1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het 6 000 A3-grootte afskrifte van 'n gestandaardiseerde tydsonekaart wat dikwels tydens die NSS Toerisme-eksamen as 'n hulpbron gebruik word, gedruk. |
2. |
Die gestandaardiseerde tydsonekaarte word via die vakadviseur verantwoordelik vir Toerisme versprei by skole wat Toerisme as vak aanbied. |
3. |
Elke skool sal 30 van hierdie A3-grootte kaarte ontvang en moet versoek word om die kaarte prominent in alle Toerisme-klasse te vertoon sodat die opvoeder die leerders met die gestandaardiseerde tydsonekaart vertroud kan maak. |
4. |
Daar word aanbeveel dat opvoeders eerder die gestandaardiseerde tydsonekaart tydens die onderrig en assessering van tydsones gebruik en nie kaarte uit ander hulpbronne nie. |
6. |
Prinsipale word aangemoedig om, waar moontlik, die 30 kaarte te lamineer voordat dit in die klaskamers gebruik en vertoon word. Dit is om duursaamheid te verseker. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Toerismedepartementshoofde en opvoeders verantwoordelik vir Toerisme. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:04:25
|
|