1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) bied lesuitsendings aan via die interaktiewe telematikaplatform, (lesse via satelliet-tegnologie uitgesend), gedurende die periode van Februarie-November 2016. |
2. |
Die lesse gedurende Februarie en Maart sal die huidige graad 12 leerders van 2016 en kandidate wat die aanvullende Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS) skryf, akkommodeer. |
3. |
Kandidate wat die aanvullende eksamens skryf, kan die uitsending by 'n telematies-toegeruste skool naaste aan hulle woonplek bywoon (sien Bylae B vir die ligging van hierdie skole). Hierdie kandidate word versoek om hulle eie skryfbehoeftes na die lesse te bring. Kandidate wat nie toegang het tot enige skool wat in Bylae B genoem is nie, kan ondersteuningslesse op DVD's teen 'n nominale prys by die WKOD aankoop deur EDUMEDIA te kontak by 021 689 9536. Sien katalogus aangeheg as Bylae C. |
4. |
Die lesse sal die verskillende grade soos volg akkommodeer:
Februarie en Maart |
Huidige graad 12 en die wat die aanvullende eksamen skryf |
April tot September |
Graad 12 |
Oktober en November |
Graad 11 |
|
5. |
Die volgende vakke sal aangebied word:
- Wiskunde
- Fisiese Wetenskappe
- Rekeningkunde
- Geografie
|
- Lewenswetenskappe
- Besigheidstudies
- Geskiedenis
|
|
6. |
Die aangehegte Bylae A verskaf die rooster van lesse sowel as die onderwerpe. |
7. |
Die onderwerpe van die lesse sal ook in die leerderboeke, wat aan elke leerder in elk van die sewe vakke verskaf word, gedruk word. Prinsipale moet by die VOO-koördineerder in hulle distrik navraag doen indien die boekies nie teen Vrydag, 22 Januarie 2016 by hulle skole afgelewer is nie. |
8. |
Die aanbieders is leidende onderwysers wat gekies is vir hulle kundigheid in hulle vakke. |
9. |
Aangesien lesse na skoolure gedurende die week aangebied word, is dit uiters noodsaaklik dat prinsipale reëlings met die ouers van graad 11- en 12-leerders asook met hulle beheerliggame bespreek. |
10. |
Die bywoning van leerders sal gereeld deur hoofkantoor- en distriksbeamptes gemonitor word. |
11. |
Daar word van prinsipale verwag om kwartaalliks verslag te doen van bywoning van leerders, sowel as van die suksesse of probleme wat met die program ondervind word. |
12. |
Indien u enige navrae oor hierdie inisiatief het, neem die vrymoedigheid om Dr G Schreuder te kontak by telefoon 021 467 2576 of e-posadres Glynis.Schreuder@westerncape.gov.za |
13. |
Prinsipale van nie-telematiese skole word versoek om kandidate wat die aanvullende eksamen skryf, aan te moedig en te help om van hierdie geleentheid gebruik te maak. |
14. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke personeel, graad 11- en 12-leerders en hulle ouers of toesighouers te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:01:13
|
|