1. |
Ingevolge die nasionale beleid en die regulasies van toepassing op die afneem van die Nasionale Senior Sertifikaat- en Senior Sertifikaat-eksamen, is dit van kardinale belang dat ALLE eksamens met integriteit afgeneem moet word. |
2. |
Die praktiese Nasionale Senior Sertifikaat- en Senior Sertifikaat-eksamen vir Rekenaartoepassingstegnologie en Inligtingstegnologie hou 'n hoe risiko in ten opsigte van die sekuriteit van data omdat die eksamen afgele word op dieselfde rekenaars wat gedurende lesse gebruik word en leers vanaf individuele rekenaars vir die eksaminatore gekopieer moet word. Dit is dus van kardinale belang dat die sekuriteit van data verseker word as ons die integriteit van hierdie eksamens wil verseker. |
3. |
Hierdie minuut bevat baie spesifieke instruksies wat gevolg MOET word deur alle opsieners en ander personeel wat by die bestuur en afneem van die rekenaargebaseerde eksamens betrokke is. Prinsipale en sentrumbestuurders, wat die eksamenbeamptes is, moet seker maak dat hierdie instruksies altyd uitgevoer word. |
4. |
Hierdie minuut moet saam met die Regulasies wat betrekking het op die Afneem, Administrasie en Bestuur van Assessering vir die Nasionale Senior Sertifikaat, Bylae G gelees word (Staatskoerant No. 31337 van 29 Augustus 2008). |
5. |
Die volgende bylaes is by hierdie minuut aangeheg. Maak asseblief seker dat u die instruksies, soos vervat in die onderskeie bylaes, gelees en verstaan het en, waar nodig, die onderskeie kontrolelyste voltooi het: |
5.1 |
BYLAE A: Minimumvereistes vir die aanbied van RTT en IT |
5.2 |
BYLAE B: Rolle en verantwoordelikhede |
5.3 |
BYLAE C: Kontrolelyste |
6. |
Alle opsieners en onderwysers wat aangestel word om behulpsaam te wees tydens die praktiese eksamens vir Rekenaartoepassingstegnologie en Inligtingstegnologie moet die opleidingsessies wat deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) georganiseer is, bywoon. |
7. |
Let asseblief daarop dat die prinsipaal, die hoofopsiener en die Rekenaartoepassingstegnologie- en/of Inligtingstegnologie-onderwyser teenwoordig moet wees wanneer die finale CD's geskryf word. Hulle moet ook die kontrolelyste (Bylae C) voltooi en onderteken. |
8. |
'n Maksimum van slegs twee eksamensessies word toegelaat. Die volgende is voorgestelde roosters vir die eksamensessies: |
8.1 |
EEN SESSIE
BESKRYWING |
TYDSTOEDELING |
TYDSDUUR |
Sit in rekenaarlaboratorium |
|
08:30 – 08:35 |
Uitdeel van toegangskaarte, aanmeldproses ("log on") en die herbenaming van eksamengids |
15 minute |
08:35 – 08:50 |
Leestyd |
10 minute |
08:50 – 09:00 |
Vraestel 1 (Prakties) |
3 uur |
09:00 – 12:00 |
Finaliseer kontrolering, versamel gidse, brand CD’s |
120 minute (hang af van getal kandidate) |
12:00 – 14:00 |
|
8.2 |
TWEE SESSIES
BESKRYWING |
TYDSTOEDELING |
EERSTE SESSIE |
TWEEDE SESSIE |
Sit in rekenaarlaboratorium |
|
07:30 – 07:35 |
13:00 – 13:05 |
Uitdeel van toegangskaarte, aanmeldproses en die herbenaming van eksamengids |
15 minute |
07:35 – 07:50 |
13:05 – 13:20 |
Leestyd |
10 minute |
07:50 – 08:00 |
13:20 – 13:30 |
Vraestel 1 (Prakties) |
3 uur |
08:00 – 11:00 |
13:30 – 16:30 |
Finaliseer kontrolering, versamel gidse, brand CD’s |
120 minute (hang af van getal kandidate) |
11:00 – 13:00 |
16:30 – 18:30 (2de sessie mag vroeër begin) |
Let asseblief daarop dat waar twee sessies is, kandidate en hul ouers skriftelik van die reelings in kennis gestel MOET word. Kandidate vir die tweede sessie moet een uur voor die einde van die eerste sessie aanmeld. |
9.1 |
EWEKNIE-NETWERKE verskaf nie dieselfde sekuriteitsvlak as bedienergebaseerde netwerke nie en word nie toegelaat nie. Skole moet hulle vir die duur van die eksamen ontkoppel en die rekenaars in losstaande modus gebruik. |
9.2 |
Waar BEDIENERGEBASEERDE netwerke onstabiel blyk te wees en/of die nodige sekuriteit nie gewaarborg kan word nie, moet hulle ontkoppel en die rekenaars in losstaande modus gebruik word. |
10. |
Op sommige netwerke is dit moontlik om 'n log by te hou van wie toegang tot watter gidse verkry het. Indien u netwerk hierdie fasiliteit het, moet dit gedurende die eksamen geaktiveer en dan na afloop van die eksamen behou word, ingeval navrae as gevolg van ongerymdhede ontstaan. Hierdie log-leer moet op die CD saam met die kandidate se gidse gekopieer word. |
11. |
WKOD-amptenare sal eksamenlokale voor die afneem van die eksamen besoek om seker te maak dat alle netwerke en losstaande werkstasies behoorlik opgestel is en dat al die instruksies wat in hierdie minuut vervat is, nagekom is. |
12. |
As daar gedurende die afneem van die eksamen 'n kragonderbreking is, moet die volgende prosedure gevolg word: |
12.1 |
Die sentrumbestuurder moet die plaaslike owerhede onmiddellik daarvan in kennis stel. Hy of sy moet ook, indien moontlik, probeer vasstel hoe lank die kragonderbreking sal voortduur. |
12.2 |
Die WKOD moet onmiddellik van die kragonderbreking verwittig word. |
12.3 |
Kandidate moet in die rekenaarlokaal bly totdat die kragtoevoer herstel is. Kandidate mag nie met mekaar kommunikeer terwyl hulle vir die herstel van die kragtoevoer wag nie. Die tyd wat tydens die kragonderbreking verlore gaan, moet as addisionele eksamentyd toegelaat word. |
12.4 |
Indien die kragtoevoer na twee uur nog nie herstel is nie, moet die eksamen in konsultasie met die WKOD se Direktoraat: Eksamenadministrasie herskeduleer word. |
12.5 |
Die werk wat deur die kandidate voltooi is, moet ingehandig word en saam met die dokumente by die WKOD ingedien word. |
12.6 |
In die geval van die kansellasie van 'n eksamen as gevolg van 'n kragonderbreking, moet die kandidate die rugsteunvraestel aflê op 'n datum soos deur die nasionale Departement van Basiese Onderwys bepaal. |
12.7 |
In gevalle waar twee eksamensessies gedurende 'n eksamen geskeduleer is, naamlik in die oggend en in die middag, is bovermelde prosedure van toepassing op die sessie waartydens die kragonderbreking plaasvind. |
13. |
In die geval van rekenaars wat gedurende die eksamen breek, moet die volgende prosedure gevolg word: |
13.1 |
Kandidate moet onmiddellik na rugsteuntoerusting oorgeskuif word en moet toepaslike addisionele tyd gegee word. |
13.2 |
Geen addisionele tyd sal toegelaat word vir werk wat verloor is omdat dit nie behoorlik gestoor is nie. |
13.3 |
Kandidate moet die vraestel binne die gegewe tyd afhandel. |
13.4 |
Die omvang van die rekenaars wat onklaar geraak het en die stappe wat gedoen is om dit reg te stel, moet gerapporteer word. |
14. |
Indien daar nie aan die instruksies soos vervat in hierdie minuut voldoen word nie, kan dit tot dissiplinêre stappe en die moontlike indien van 'n formele klagte ingevolge die toepaslike wetgewing lei. |
16. |
Maak asseblief seker dat 'n afskrif van hierdie minuut aan alle onderwysers en opsieners van Rekenaartoepassingstegnologie en Inligtingstegnologie voorsien word. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:09:02
|
|