1. Die Regulasies betreffende die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van Mei 2014, maak voorsiening vir 'n AAT vir LO wat ekstern opgestel en gemodereer word.

2. Die doelwit van hierdie minuut is om skole van die prosedure, wat tydens die administrasie van die AAT vir LO gevolg moet word, in te lig.

3. Druk, verpakking en verspreiding van die AAT vir LO

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) sal vraestelle druk, vir die AAT vir LO vir alle leerders in die provinsie, volgens die finale registrasiedata wat op die Gesentraliseerde Onderwysbestuursinligtingstelsel (SOBIS) aangedui is en dit aan alle skole versprei wat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) aanbied.


4. Die afle van die AAT vir LO
4.1 Die AAT vir LO vorm deel van die finale bevorderingspunt in graad 12 en dus moet alle skole dit skryf.
4.2 Die datum vir die afle van die AAT vir LO is Vrydag, 02 September 2016 vanaf 09:00 tot 11:00. Enige afwyking van hierdie datum en tyd sal as 'n ernstige onreelmatigheid beskou word.
4.3 Die AAT vir LO sal uit 'n twee uur lange vraestel van 80 punte bestaan. Dit sal taak 4 in kwartaal 3 vervang en sal 20% van die finale punt vir LO uitmaak.
4.4 By ontvangs van 'n koevert wat die vraestelle bevat, moet prinsipale volle verantwoordelikheid as hoofopsieners aanvaar om te verseker dat alle voorwaardes en reels wat betrekking het op die NSS-eksamen, gevolg word.
4.5 Prinsipale moet die koevert op die dag van die eksamen in die teenwoordigheid van die leerders oopmaak en toesig hou oor die verspreiding van die vraestelle.
4.6 Onderwysers wat LO onderrig moet nie by die AAT vir die vak toesig hou nie. Prinsipale moet seker maak dat opsieners oplettend is terwyl die AAT vir LO geskryf word.
4.7 Na die afle van die AAT, moet die antwoordboeke in die sak wat voorsien is, verseel en in die skool se instapkluis gebere word totdat daar met die nasien daarvan begin word.
4.8 Die name van leerders met 'n geldige rede vir afwesigheid moet op Bylaag A geskryf word wat by hierdie Assesseringsbestuurminuut aangeheg is en voor 05 September 2015 aan Ragiema.Geldenhuys@westerncape.gov.za ge-e-pos word.
4.9 Die aanvullende eksamen vir AAT vir LO sal op Dinsdag, 11 Oktober 2016 vanaf 09:00 tot 11:00 geskryf word. Prinsipale moet verseker dat alle voorwaardes en reels met betrekking tot die NSS-eksamen, gevolg word.

5. Nasienriglynbesprekings
5.1 Die provinsiale nasienriglynbesprekingsvergaderings sal vanaf 14 tot 15 September 2016 plaasvind.
5.2 Die finale nasienriglyn sal teen 16 September 2016 aan alle onderwysers voorsien word, en antwoordboeke mag slegs op die dag wat die nasien begin, uit die instapkluis gehaal word.

6. Nasien van die AAT vir LO
6.1 Die nasien van die AAT moet by die skool onder die toesig van die prinsipaal gedoen uitgevoer word, met 'n senior onderwyser of 'n Hoof van Departement (HvD) wat as die interne moderator optree.
6.2 Die nasienproses moet op 16 September 2016 begin en moet teen 30 September 2016 afgehandel wees.

7. Moderering van leerderbewys
7.1 Ten minste 10% van die nagesiende antwoordboeke by 'n skool moet deur 'n senior onderwyser of 'n DH gemodereer word.
7.2 Die vakadviseur vir LO moet 'n paar antwoordboeke van geselekteerde skole modereer. Die senior kurrikulumbeplanner vir LO moet 'n verslag aan die Direktoraat: Assesseringsbestuur oor die moderering stuur wat deur die vakadviseurs gedoen is. Hierdie verslag kan by die AAT vir LO-modereringsessie ingedien word.
7.3 Die provinsiale moderering van die AAT vir LO sal vanaf 04 tot 05 Oktober 2016 by die Onderwysdistrikskantoor Metro Noord plaasvind.

8. Vaslegging van punte vir die AAT vir LO
8.1 'n Spesiale nasienblad sal aan skool uitgereik word vir die vaslegging van punte. Die nasienblad sal bykomend wees tot die gewone nasienblad wat vir LO voorsien word.
8.2 Die AAT-nasienbladsy moet saam met die res van die nasienblaaie vir skoolgebaseerde assessering aan die WKOD gestuur word.

9. Prinsipale word versoek om die nodige reelings vir hierdie assessering te tref.

10. Bring asseblief hierdie inligting onder die aandag van alle Lewensoriënteringonderwysers en -leerders.


GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:07:19

Bylaag A  (grootte: 130 KB)