1. |
Die Minister van Basiese Onderwys het wysigings aan die beleid en regulasies met betrekking tot die Nasionale Kurrikulumverklaring graad R tot 12 en oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gepromulgeer. Daarin is gestipuleer dat Wiskunde met Rekeningkunde of Fisiese Wetenskappe verpligtend is. |
2. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het nietemin die implementeringsdatum vir die infasering van hierdie wysigings uitgestel. |
3. |
Die nuwe implementeringsdatums vir die verpligte aanbieding van Wiskunde met Rekeningkunde of Fisiese Wetenskappe is soos volg:
- Graad 10 in 2017;
- Graad 11 in 2018; en
- Graad 12 in 2019.
|
4. |
Skole wat reeds die wysigings geimplementeer het, moenie hul vakkombinasies verander nie. Die uitsteltydperk is toegestaan om skole te akkommodeer wat nie die wysigings in 2016 kon implementeer nie. |
5. |
Prinsipale word vriendelik versoek om hierdie inligting onder die aandag van die huidige graad 9 en 10 leerders en onderwysers te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:05:13
|
|