1.1 |
Opvoeders, kurrikulumadviseurs en senior kurrikulumbeplanners wat aan die kriteria (soos uiteengesit in Bylae A) voldoen, word hiermee uitgenooi om as nasieners vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) -eksamen van November 2016 tot November 2017 en die Senior Sertifikaat-eksamenen van Junie 2017 en Junie 2018 aansoek te doen in die volgende vakke wat hieronder in Tabel 1 aangedui is. |
1.2 |
Amptenare wat aan die aanstellingskriteria (Bylae A) voldoen en wat 'n minimum skoolslaagsyfer van 70% in die November 2015 NSS-eksamen behaal het in daardie vak wat aangebied is, word versoek om vir die posisie wat hieronder in Tabel 1 aangedui is, aansoek te doen. |
1.3 |
Nuwe aansoekers moet die aansoekvorms gemerk Bylae B voltooi. |
2. |
Indiening van aansoeke (nuwe aansoekers) |
2.1 |
Alle nuwe aansoekers moet die volgende dokumente by hul aansoekvorms aanheg:
- Curriculum vitae.
- Gewaarmerkte afskrif van identiteitsdokument.
- Gewaarmerkte afskrif(te) van akademiese studierekords.
- Gewaarmerkte afskrif(te) van kwalifikasiesertifikaat(te).
- Bewys van registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers (SARO).
|
2.2 |
Aansoeke moet by die volgende adres ingedien word:
Hoof: Onderwys Vir aandag: Mnr M Cameron Direktoraat: Eksamenadministrasie Wes-Kaap Onderwysdepartement 4de Vloer, Grand Central Towers Laer Parlementstraat KAAPSTAD 8001 |
2.3 |
Aansoeke moet die WKOD teen 28 April 2016 bereik. As u enige navrae het, kontak asseblief mnr M Cameron by tel. 021 467 2964. |
3. |
Suksesvolle aansoekers sal skriftelik van hulle aanstellings verwittig word en van hulle sal vereis word om 'n kontrak met die WKOD te sluit. Verdere korrespondensie ten opsigte van die nasienproses sal dan volg. |
4. |
Voltooing van Verklaringsvorm deur aangestelde nasieners |
4.1 |
Nasieners is in 2015 op 'n tydperk van drie jaar aangestel wat onderhewig is aan 'n jaarlikse hersiening om vas te stel of hulle steeds aan die aanstellingskriteria voldoen. |
4.2 |
Hierdie nasieners word versoek om die aangehegte Verklaringsvorm (Bylae C) te voltooi om seker te maak dat hulle aanstelling vir 2016 bekragtig word. Alle voltooide Verklaringsvorms moet teen 28 April 2016 by die bogenoemde adres ingedien word. Indien en nasiener nie sy/haar Verklaringsvorm by die aangewese datum indien, sal die nasiener nie oorweeg word vir die aanstelling in 2016 nie. |
5. |
Die lys van vakke wat toepaslik op hierdie Minuut is in Tabel 1 aangedui.
Tabel 1: Lys van vakke wat in die NSS ens SS geeksamineer word
VAKKE |
VAKKE |
Afrikaans Huistaal |
Afrikaans Eerste Addisionele Taal |
Landbouwetenskap |
Rekenaartoepassingstegnologie |
Engels Eerste Addisionele Taal |
Inligtingstegnologie |
Xhosa Huistaal |
Xhosa Eerste Addisionele Taal |
Religiestudies |
Sotho Huistaal |
Tswana Huistaal |
Visuele Kunste |
Afrikaans Tweede Addisionele Taal |
Siviele Tegnologie |
Musiek |
Ontwerp (Teorie) |
Dramatiese Kunste |
Ingenieursgrafika en -ontwerp |
Elektriese Tegnologie |
Gasvryheidstudies |
IsiXhosa Tweede Addisionele Taal |
Meganiese Tegnologie |
|
6. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) oorweeg weereens die gesentraliseerde nasien van gekose klein vakke in 2016. Die lys van vakke sal aan die aspirante nasieners verskaf word sodra dit deur die DBO beskikbaar gemaak word. In die geval waar sodanige lys beskikbaar gemaak word nadat die aanstellings gemaak is, sal die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) die aanstellings wat vir daardie gekose vakke gemaak is, nietig verklaar. |
7. |
Die nasien van NSS-eksamenskrifte is een van die belangrikste aspekte van die eksamenproses. Die WKOD is trots op die aanstelling van gekwalifiseerde en bevoegde nasieners. Prinsipale en ander senior amptenare wat nasieners aanbeveel, moet dus te goeder trou optree. Let asseblief daarop dat die verskaffing van foutiewe inligting op die aansoekvorm as bedrog beskou sal word en dat ingevolge die Wet op die Indiensneming van Opvoeders, 1998 (Wet 76 van 1998) opgetree sal word. |
8. |
Dit is baie belangrik dat prinsipale, distriksdirekteure, kringbestuurders en kurrikulumadviseurs die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle opvoeders bring sodat hulle vertroud is met die aanstellingskriteria voordat aansoeke ingedien word. Die Direktoraat: Assesseringsbestuur kan nie verantwoordelik gehou word indien opvoeders nie oor die inhoud van hierdie minuut ingelig is nie. |
9. |
Die WKOD maak staat op u samewerking en ondersteuning in hierdie belangrike saak. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:04:11
|
|