1. |
Hierdie minuut moet saamgelees word met Omsendbrief 0028/2011: Riglyne vir die bestuur van appelle wat verband hou met vorderings en bevorderings op skool- en distriksvlak. |
2. |
Met verwysing na die bestuur van appelle op skoolvlak, moet daar asseblief op die volgende gelet word: |
2.1 |
Die nodige inligting uit onderwysers se leers, bewyse van leer, leerderprofiele en bewyse van intervensies wat op die Beleid op Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning (SIAO) gebaseer is, asook die notule van die proses wat deur die ondersoekspan gevolg word, moet aan die distrik appelondersoekbeamptes beskikbaar gestel word. |
2.2 |
Die ouer/voog van die leerder moet Deel 1 van die appelvorm voltooi (sien Bylae A) en 'n rede vir die appel voorsien om te verseker dat die appel op skoolvlak hanteer word. Skole moet die appel vanaf die ouer/voog erken, die saak ondersoek en die ouer/voog skriftelik van die uitslag van die ondersoek in kennis stel. |
2.3 |
Die prinsipaal voltooi Deel 2 van die appelvorm (Bylae A) en die ouer/voog word dan skriftelik van die uitslag in kennis gestel. 'n Afskrif hiervan sal op leer geplaas word. |
2.4 |
Die ouer/voog voltooi Deel 3 van die appelvorm (Bylae A) en dui aan of die skool se besluit aanvaar is al dan nie, en of hy/sy 'n appel by distriksdirekteur wil aanteken. |
3. |
Met verwysing na die bestuur van appelle op distriksvlak, moet daar asseblief op die volgende gelet word: |
3.1 |
Die kantoor van die distriksdirekteur moet binne drie werksdae nadat die appel ontvang is, die ouer/voog van ontvangs in kennis stel (sien Bylae B). |
3.2 |
Die direkteur moet die appel na die assesseringskoordineerder verwys en hom/haar versoek om 'n ondersoekspan saam te stel om die saak te ondersoek. Indien die appel op 'n vak of vakke, of op 'n leerder met spesiale behoeftes behels, moet die betrokke amptenaar/amptenare gekoopteer word om met die ondersoek te help. |
3.3 |
Die assesseringskoordineer moet 'n saaknommer aan elke appel wat aangeteken word, toeken en dit op die appeldatabasis aanteken (sien Bylae C). |
3.4 |
Gebaseer op die ondersoek van 'n appelpaneel en al die ondersteunende bewyse, sal die assesseringskoordineerder die verslag (sien Bylae D) en Deel 4 van elke appelvorm voltooi. Die voorafgaande sal aan die direkteur voorgele word. Die direkteur sal dit dan gebruik om Deel 5 van elke appelvorm te voltooi. |
3.5 |
Die distriksdirekteur sal die uitslag van die appel aan die ouer/voog en die skool kommunikeer. Die besluit van die distriksdirekteur is finaal. |
3.6 |
Die assesseringskoordineerder lê jaarliks teen die einde van Februarie die appeldatabasis tesame met 'n kumulatiewe distriksverslag aan Hoofkantoor voor. |
4. |
Bylae E sit die tydsraamwerke en verantwoordelikhede van alle belanghebbers uiteen en gee die verslagformaat ten opsigte van die bestuur van appelle op skool- en distriksvlak. |
5. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle onderwysers en ouers/voogde te bring. |
GETEKEN: L ELY
WAARNEMENDE HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2016:11:17
|
|