1. |
Die Kaapse Onderrig- en Leierskapinstituut (KOLI) sal in 2017 tydens skoolkwartale of skoolvakansies weer SARO-geendosseerde kursusse vir onderwyserontwikkeling, konferensies en seminare vir prinsipale, adjunkprinsipale, departementshoofde en onderwysers aanbied ( Bylae A). |
2. |
Alle kursusse wat in 2017 deur KOLI aangebied word, sal op die KOLI-webtuiste beskikbaar gestel word: www.wcedctli.co.za teen 14 Oktober 2016. |
3. |
Onderwysers wat daarin belangstel om hierdie kursusse by te woon, moet via die KOLI-webtuiste aansluit. Die aanteken- en registrasieproses word in Bylae B uiteengesit. |
4. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement sal aflosonderwysers in diens neem vir die duur van die kursusse wat gedurende skoolkwartale deur gevestigde onderwysers by KOLI bygewoon word, met dien verstande dat:
- daar geen botallige onderwyser by die skool is nie;
- die gevestigde onderwyser nie 'n onderwyser is wat deur die beheerliggaam besoldig word nie; en
- die gevestigde onderwyser nie reeds vir 'n ander onderwyser instaan nie.
|
5. |
Dit is die skool se verantwoordelikheid om 'n geskikte aflosonderwysers vir die onderwyser te vind wat 'n kursus bywoon. |
6. |
Slegs 50 onderwysers sal vir elk van die kursusse, wat tydens die skoolkwartaal aangebied word, geregistreer word. |
7. |
Moet asseblief nie huiwer om met die volgende KOLI-programkoordineerders in verbinding te tree om meer inligting oor die 2017 KOLI-intervensies te bekom nie.
- Gavin de Bruyn, tel. 021 900 5062, faks 021 900 5114, e-pos gavin.debruyn@westerncape.gov.za vir alle Skoolbestuur en Leierskapontwikkelingskursusse en -seminare.
- Magdalena Benn, tel. 021 900 5016, faks 086 614 5151, e-pos magdelena.benn@westerncape.gov.za vir alle Grondslagfasekursusse en die AOO-taaloplossingkonferensie.
- Natasha Fouche, tel. 021 900 5018, e-pos natasha.fouche@westerncape.gov.za vir alle Intermediere- en Senior Fasekursusse, en die AOO-wiskundeoplossingkonferensie.
- Study Dangala, tel. 021 900 5020, e-pos study.dangala@westerncape.gov.za vir alle Spesiale Behoefte kursusse.
- Christo Davids, tel. no. 021 900 5039, faks 086 731 6833, e-pos christo.davids2@westerncape.gov.za vir alle IKT-integrasie-intervensies.
|
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle onderwysers. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2016:10:05
|
|