1. |
In 2016 sal die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) 2 Vakaturelyste vir inrigtinggebaseerde opvoeders uitreik. |
2. |
Die publikasiedatums van die Vakaturelyste, asook ander belangrike datums, is in die aangehegte bylae vervat. |
3. |
Die WKOD sal nie afsonderlike Vakaturelyste vir poste op verskillende vlakke hę nie. Alle vakante inrigtinggebaseerde opvoederposte moet dus so gou moontlik in die Vakaturelyste geadverteer word. |
4. |
Voorsiening sal gemaak word vir die adverteer van adjunkprinsipaal- en prinsipaalposte in aanvraag en onder spesiale omstandighede. Hierdie poste sal in Spesiale Vakaturelyste geadverteer word wanneer dit nodig sou word. |
6. |
Prinsipale, beheerliggame en distriksamptenare moet vertroud raak met die veranderinge wat ten opsigte van die insluiting van die bevoegdheidsassesserings vir prinsipale, adjunkprinsipale en departementshoofde aan die vakaturelysrooster gemaak is. |
7. |
Prinsipale en beheerliggame word vriendelik versoek om te verseker dat advertensies elektronies op die konsep-Vakaturelys op die WKOD se webtuiste by http://wced.school.za ingevul word. Geen geskrewe vorms in drukstukformaat sal aanvaar word nie. Prinsipale moet met hul kringspanbestuurders oorleg pleeg indien hulle probleme met die voltooiing van die advertensies op die konsep-Vakaturelys op die webtuiste ondervind. |
8. |
Aansoeke moet op die wyse soos verduidelik in die voorwoord van elke Vakaturelys voorgelę word. Aansoeke moet aanlyn via die "e-Recruitment System for Educators: Recruiting the Best" ingedien word.
9.
10.
|
9. |
Hierdie Vakaturelys sal deur die WKOD se Lęerafdeling gesirkuleer word en kan op die WKOD se webtuiste by http://wced.school.za besigtig word. Kliek op "Vacancies" op die webtuiste se tuisblad om toegang tot die "e-Recruitment System for Educators" te verkry. |
10. |
Die samewerking van alle betrokkenes sal die suksesvolle bestuur van die aanstellingsproses verseker en sal baie waardeer word. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2015:12:02
|
|