1. |
Die Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (OOV) vlak 4-eksamen is geskeduleer om op Maandag, 01 Junie 2015 te begin en op Donderdag, 25 Junie 2015 te eindig. |
2. |
Alle geregistreerde Gemeenskapsleersentrums van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) word versoek om hulle kandidate in die leerareas van hulle keuse in te skryf vir hierdie eksamens, op voorwaarde dat die kandidate al die eenheidstandaarde in die betrokke leerareas voltooi het. |
3. |
Dit is van kardinale belang dat alle inskrywingsvorms deur 'n gesertifiseerde afskrif van die kandidaat se identiteitsdokument vergesel word. |
4. |
Die eksamen vir 'n leerarea tel 50% van die punte, terwyl die oorblywende 50% verkry sal word van gemodereerde skoolgebaseerde assesseringsportefeuljes (SGA)-portefeuljes. |
5. |
GEEN LEERDER MOET TOEGELAAT WORD OM IN TE SKRYF VIR 'N LEERAREA INDIEN DIE LEERDER NIE DIE SGA VIR DIE LEERAREA VOLTOOI HET NIE. LEERDERS MET GEEN SGAPUNTE SAL NIE UITSLAE ONTVANG NIE. |
7. |
Sentrumbestuurders word dus versoek om die ingeslote inskrywingsvorm vir elke kandidaat wat vir die eksamens wil inskryf, te voltooi. Indien 'n kandidaat weens siekte of ander onvermydelike omstandighede afwesig is, moet die betrokke kandidaat se inskrywingsvorm deur die sentrumbestuurder onderteken word wat dan ook langs sy of haar handtekening moet aandui dat die kandidaat afwesig was. |
8. |
Let asseblief daarop dat geen veranderinge in leerareas toegelaat sal word na die inskrywings gefinaliseer is nie. Inskrywingsvorms moet dus korrek voltooi word. |
9. |
Alle voltooide inskrywingsvorms wat alfabeties georden is, tesame met Bylae A, moet die Departement teen nie later nie as Vrydag, 17 April 2015, by die volgende adres bereik (geen laat inskrywings sal aanvaar word nie):
Hoof: Onderwys Vir aandag: Mnr G Valentine Kamer 5-15, 5de Vloer Direktoraat: Eksamenadministrasie Wes-Kaap Onderwysdepartement Laer Parlementstraat KAAPSTAD 8001 |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2015:03:26
|
|