1. |
25 Mei word elke jaar in Suid-Afrika as "Afrika-dag" herdenk. |
2. |
Die doel van die herdenking van Afrika-dag is om Afrika-eenheid en die onafhanklikheid van Afrika-lande van koloniale magte te vier. |
3. |
Hierdie herdenking sal 'n geleentheid vir bewusmaking bied en dien om algemene begrip van verskillende kulture by skole te bereik, terwyl aandag aan die oorsake van xenofobiese aanvalle binne gemeenskappe geskenk word. |
4. |
Skoolhoofde en onderwysers word versoek om 'n geskikte tyd gedurende die week voor Afrika-dag te vind om leerders bewus te maak van die belangrikheid van hierdie dag vir alle burgers. |
5. |
Die volgende bylaes is hierby ingesluit:
- 'n Bylae om met aktiwiteite vir hierdie dag te help;
- Afskrifte van die amptelike lied van die Afrika-unie (AU).
|
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke personeel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2015:05:08
|
|