1. |
Vanaf 2015 sal volksoorleweringe deel vorm van Afdeling B in Vraestel 2 vir Afrikahuistale in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen. |
2. |
In Vraestel 2 sal daar 'n keuse wees om óf die ROMAN óf VOLKSOORLEWERINGE komponent in Afdeling B te beantwoord, wat in totaal 25 punte tel. |
3. |
Dit beteken dat die volksoorleweringe genre opsioneel is. Kandidate wat Afrikahuistale aanbied, kan kies om deur die loop van die akademiese jaar die volksoorleweringe genre of die roman te studeer. |
4. |
Tesame met hierdie minuut is 'n voorbeeld van 'n volksoorleweringe vraestel vir Afrika-huistale Vraestel 2 vir graad 12 ter voorbereiding vir die NSS 2015-eksamen.
|
5. |
Ook aangeheg by hierdie minuut, is die lys van voorgeskrewe Folk Narratives and Folk Poetry Titles for Study in Grade 12 vir alle Afrika-huistale in gewone openbare en onafhanklike skole vanaf 2015.
|
6. |
Hierdie voorbeeldvraestel sal skole help oor hoe om volksliedjies, idiome, spreekwoorde en raaisels met die volksverhale en volksgedigte te evalueer en integreer. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle onderwysers van Afrika-huistale. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2015:04:10
|
|