Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva

VERWYSING:  41857
14/7/1/2
NAVRAE:   TJ Magwaca    TEL.:   021 467 2626  FAKS:   021 467 9370

ASSESSERINGSBESTUURSMINUUT:  0003/2015


AAN:   

 ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE (HOOFKANTOOR EN ONDERWYSDISTRIKSKANTORE), ADJUNK-DIREKTEURE, HOOFONDERWYSKUNDIGES, HOOFDE: KURRIKULUM-KOÖRDINERING EN -ADVIES, KURRIKULUMADVISEURS, KRINGSPANBESTUURDERS, HOOFDE: IBB-KOÖRDINERING EN –ADVIES, IBB-BESTUURDERS, ADJUNKHOOFONDERWYSKUNDIGES, ASSESSERINGSKOÖRDINEERDERS EN HOOFDE VAN INRIGTINGS WAT KANDIDATE VOORBEREI VIR DIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN


 

ROOSTER EN REËLINGS VIR DIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT AANVULLENDE EKSAMEN: FEBRUARIE - MAART 2015


1. Ingesluit is 'n afskrif van die finale rooster vir Februarie - Maart 2015 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Aanvullende Eksamen.

2. Die NSS Aanvullende Eksamen begin op 16 Februarie 2015 en loop ten einde op 24 Maart 2015.

3. Twee eksamensessies is vir elke dag geskeduleer. Die oggendsessie sal om 09:00 begin en die namiddagsessie om 14:00.

4. Registrasievorms vir die Aanvullende Eksamen is gestuur aan alle kandidate wat kwalifiseer om die Aanvullende Eksamen af te lê. Die ingevulde registrasievorms moet na die volgende adres gepos word:

Direktoraat: Eksamenadministrasie
Vir aandag: Mnr L van Gensen
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Privaatsak X9114
KAAPSTAD
8000

Die voltooide registrasievorms kan ook per hand afgelewer word by:

WKOD-inbelsentrum
Grand Central Towers: 2de vloer
Laer Parlementstraat
KAAPSTAD


5. Die sluitingsdatum vir hierdie inskrywings vir die Aanvullende Eksamen is Maandag, 26 Januarie 2015. Prinsipale van skole en kandidate word versoek om streng by hierdie datum te hou aangesien laat inskrywings nie aanvaar sal word nie.

6. Eksamensentrums vir die afneem van die Aanvullende Eksamens sal by sekondêre skole en ander lokale geskep word, soos deur die Departement bepaal.

7. Slegs eksterne opsieners wat by die November 2014 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen betrokke was, sal tydens hierdie eksamen gebruik word om toesig te hou, soos bepaal in hul ondertekende kontrakte. Die 2014 senior opsieners sal dien as die hoofopsiener vir die 2015 NSS Aanvullende Eksamen.

8. Die hoofopsiener moet seker maak dat kandidate die eksamenlokaal binnegaan 35 minute voor die amptelike aanvangstyd van die eksamensessie. Hierdie tyd moet soos volg gebruik word:
8.1 Die eerste 25 minute moet gebruik word om die kandidate hul regte sitplekke te laat inneem, om vraestelle uit te deel, ens.
8.2 Gedurende die volgende 10 minute moet die kandidate die geleentheid kry om deur die vraestelle te lees.
8.3 Dit is nie toelaatbaar om enigiets te skryf tydens die 35 minute nie. 'n Oortreding van hierdie reël sal as 'n onreëlmatigheid beskou word.
8.4 Kandidate moet ophou skryf op die tyd wat op die eksamenrooster aangedui word.

9. Prinsipale moet asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag bring van alle kandidate wat die Oktober-November 2014 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf het.


GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2015:01:02


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22
Veilige Skole: 0800 45 46 47


Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie minuut.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die minuut.
Finale Eksamenrooster NSS Aanvullende Eksamen  (grootte: xx KB)
Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva