1. |
Hierdie minuut dien om Gemeenskapsleersentrums (GLS's) in kennis te stel dat die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) op 31 Maart 2015 oordragbetalings na die bankrekeninge van GLS's sal stop. |
2. |
Al die GLS's ontvang tans kwartaallikse finansiële toekennings wat in hulle bankrekeninge inbetaal word. Hierdie toekennings word deur sentrums gebruik om opvoeders en sentrumbestuurders te vergoed.
|
3. |
Ingevolge die betrokke wetgewing, sal Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (OOV) op 1 April 2015 van die WKOD na die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) oorgedra word. |
4. |
In die lig van punt 3 hierbo, sal geen oorbetalings na 31 Maart 2015 plaasvind nie. |
5. |
Vanaf 1 April 2015, sal alle sentrumbestuurders en opvoeders deur die DHOO, via PERSAL, vergoed word. |
6. |
Soos wat die inligting beskikbaar gestel word, sal die WKOD voortgaan om GLS's en sentrumpersoneel rakende die oorbetaling van GLS's en DHOO in te lig. |
7. |
Kontak asseblief u distrik se OOV IBB-bestuurder of mnr Andre Damon by tel. no. 021 467 2606 / 2609 / 2279 indien u enige bystand benodig. |
GETEKEN: J H LYNERS
ADJUNK-DIREKDIREK-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING - EN KOÖRDINERING
DATUM: 2014:12:11
|
|