1. |
In Oktober 2013 het die Wes-Kaap Onderwysdepartement grade 3-, 6- en 9- Sistemiese Toetse in Taal en Wiskunde waargeneem. |
2. |
Die uitslae sal op 17 Januarie 2014 aan skole vrygestel word, met die uitsondering van die graad 3 Taaluitslae. Hierdie uitslae sal vanaf 5 Februarie 2014 op die SOBIS beskikbaar wees. |
3. |
Bykomende verslae is daarom gegenereer. Let daarop dat die Wiskunde-uitslae nie verander het nie. Volg die prosedures hieronder om toegang tot die volledige verslae te verkry:
- Op die SOBIS kies die item "Assessment" op die kieslys.
- Op die aftuimelys, kies "Grade 3 Maths/Lang Results 2013".
- Die uitslae sal nou op die skerm verskyn.
- Indien die uitslae nie verskyn nie, gaan na die kieslysbalk bo-aan en kies "Tools". Kies dan "Pop-up Blocker", en kies dan "Turn-off Pop-up Blocker" en kliek.
- Sodra dit klaar is, kies een van die twee grade om die uitslae te besigtig.
|
4. |
Vir enige navrae aangaande die inhoud van hierdie minuut, kontak asseblief die beampte verantwoordelik vir u distrik, soos uiteengesit in die tabel hieronder:
|
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:02:04
|
|