1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement se DITCOM-subkomitee is 'n uitbreiding van die DITCOM-raad en vergader maandeliks, soos uiteengesit in die tabel hieronder, om oor standaard IKT-toerusting se aansoeke te beslis. |
2. |
Wanneer IKT-goedere en dienste versoek word, moet verantwoordelikheidsbestuurders die goedgekeurde DITCO M-aansoekvorm (Bylae i), voltooi. Daarbenewens moet die volledig voltooide oorspronklike ondertekende aansoek by die DITCOM-subkomitee se sekretariaat Kamer 19-09A, 19de Vloer, Goue Akker, Kaapstad, ingehandig word. Die sekretariaat moet alle aansoeke ten minste een week voor die vergadering ontvang. Sodra die aansoeke ter tafel gelκ word, sal die aansoeker/versoeker 'n afskrif van die goedgekeurde aansoek vir verdere verwerking ontvang. Indien die aansoek afgekeur word, sal hulle 'n e-pos ontvang om hulle van die besluit in kennis te stel. |
3. |
Die DITCOM-subkomitee sal slegs oor standaard IKT-items beslis (Bylae ii). Die standaard lys word gereeld deur DotP:Ce-I bygewerk en opdaterings is aanlyn
beskikbaar by http://intrawp.pgwc.gov.za/Blue_Pages/Approved.asp Alle niestandaard aansoeke sal na die DITCOM-raad verwys word. 'n Algemene lys van IKTitems, wat DITCOM-goedkeuring sal benodig, word as leiding aan beamptes voorsien. (Bylae iii). |
4. |
'n Aansoek vir IKT-toerusting wat vervang word, moet vergesel wees van 'n tegniese verslag wat die rede vir die vervanging versoek motiveer. In gevalle waar IKTtoerusting vir nuwe aanstellings verkry word, word 'n motivering vereis oor of enige toerusting voorsien is vir die pos voor die aanstelling en wat met hierdie toerusting gaan gebeur. |
5. |
Maak asseblief seker dat die DITCOM-aansoekvorm aandui of die toerusting hertoegewys sal word en/of dit afgeskryf sal word. In hierdie geval moet "SCM" gewaardeer word ten einde die veranderinge in die bateregister te bewerkstellig. |
6. |
Die geskeduleerde DITCOM-subkomitee vergadering vir die 2014-15 boekjaar en datums vir die indiening van aansoeke is soos volg:
VERGADERDATUM |
TYD |
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE |
27 JANUARIE 2015 |
09:00 12:00 |
20 JANUARIE 2015 |
24 FEBRUARIE 2015 |
09:00 12:00 |
17 FEBRUARIE 2015 |
24 MAART 2015 |
09:00 12:00 |
17 MAART 2015 |
|
7. |
Die geskeduleerde DITCOM-subkomitee vergadering vir die 2015-16 boekjaar en datums vir die indiening van aansoeke is soos volg:
VERGADERDATUM |
TYD |
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE |
29 APRIL 2015 |
09:00 12:00 |
22 APRIL 2015 |
27 MEI 2015 |
09:00 12:00 |
20 MEI 2015 |
24 JUNIE 2015 |
09:00 12:00 |
17 JUNIE 2015 |
29 JULIE 2015 |
09:00 12:00 |
22 JULIE 2015 |
26 AUGUSTUS 2015 |
09:00 12:00 |
19 AUGUSTUS 2015 |
30 SEPTEMBER 2015 |
09:00 12:00 |
23 SEPTEMBER 2015 |
28 OKTOBER 2015 |
09:00 12:00 |
21 OKTOBER 2015 |
25 NOVEMBER 2015 |
09:00 12:00 |
18 NOVEMBER 2015 |
27 JANUARIE 2016 |
09:00 12:00 |
20 JANUARIE 2016 |
24 FEBRUARIE 2016 |
09:00 12:00 |
17 FEBRUARIE 2016 |
30 MAART 2016 |
09:00 12:00 |
23 MAART 2016 |
|
GETEKEN: M M HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2014:11:21
|
|