1. |
Wereldboekedag is 'n internasionaal-erkende gebeurtenis wat boeke en 'n liefde vir lees gedenk, en beklemtoon hoe belangrik lees vir lewenslange leer, kognitiewe ontwikkeling en sielkundige welsyn is. |
2. |
Die oogmerke vir Wereldboekedagvieringe is:
- Om bewustheid oor die belangrikheid van lees te vergroot;
- Om uit te reik en mense toegang tot boeke te gee;
- Om mense te leer om na hulle biblioteekfasiliteite om te sien; en
- Om boeke te vier.
|
3. |
Die tema vir 2014 is "Wees slim - lees boeke". |
4. |
Die tema demonstreer die waarde van boeke, watter suksesse vermag kan word deur boeke te lees, en die groot voordele daarvan om wyd te lees. |
5. |
Die WKOD sal dit saam met vennote vier, soos die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika, Die Suid-Afrikaanse Boekhandelaarsvereniging, die Departement van Kuns en Kultuur, die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens en die Sentrum vir die Boek ('n gespesialiseerde eenheid van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika). |
6. |
Die vennootskap het 'n kleurvolle plakkaat ontwerp en gedruk, wat die gees van Wêreldboekedag uitbeeld. Sien die aangehegte elektroniese (pdf) weergawe van die plakkaat. Gedrukte plakkate kan afgehaal word by:
Susan Hanekom |
EDULIS-biblioteek, Bellville |
tel. 021 957 9617 |
Cheryl Joseph |
Kuilsrivier Bronnesentrum, Onderwysdistrik Metro-Oos |
tel. 021 900 5111 |
Ntombi Mngxuma |
Brian O’Connell Bronnesentrum, Onderwysdistrik Metro-Suid |
tel. 021 370 2084 |
Jennifer Caroto |
Metro-Noord Bronnesentrum, Onderwysdistrik Metro-Noord |
tel. 021 938 3197 |
Sara Clegg |
Makhosandile Ndzuzo Bronnesentrum, Onderwysdistrik Overberg |
tel. 028 214 7387 |
|
7. |
Skole in onderwysdistrikte wat nie bronnesentrums het nie, moet met die volgende persone in verbinding tree om plakkate te verkry:
Onderwysdistrik Metro-Sentraal: |
Sharon Koff Bridgette Spielman |
tel. 021 514 6756 tel. 021 514 6702 |
Weskus Onderwysdistrik: |
Faith Lawrence |
tel. 021 862 7776 |
Onderwysdistrik Kaapse Wynland: |
Janine Ontong |
tel. 023 348 4657 |
Onderwysdistrik Eden en Sentrale Karoo: |
Alta Raath |
tel. 082 925 0634 |
|
8. |
Die WKOD moedig alle skole aan om Wêreldboekedag te vier deur leesverwante aktiwiteite te reël, soos die volgende: |
8.1 |
Storieleessessies by u skool. |
8.2 |
'n Boekedonasieveldtog vir u skoolbiblioteek. |
8.3 |
'n Wêreldboekedaggeleentheid en nooi bekende sprekers om oor die belangrikheid van lees te gesels. |
8.4 |
'n Boekeklub en stuur dit van stapel op Wêreldboekedag.
|
8.5 |
'n Leesklub en stuur dit van stapel op Wêreldboekedag. |
GETEKEN: M M HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2014:04:04
|
|