1. |
Die volgende fokusareas sal in die tweede kwartaallikse Skoolverbeteringsmonitering (SVM) van die Skoolverbeteringsplan (SVP) gemonitor word.
- Vordering met die SVP;
- Werkboeke;
- Handboeke;
- Slaagkoerse vir graad 1 en 9;
- Bestuur (vergaderings met ouers, beplande onderrig en ondersteuning, die tempo van kurrikulumlewering, databestuur, bywoningsbestuur, aanstellings);
- Tafels en stoele;
- Infrastruktuur; en
- Finansiele bestuur.
|
2. |
Die SVP-templaat moet elke kwartaal deur beide die skool en beamptes, soos volg voltooi word:
Tydperk |
Sperdatum |
Kwartaal 2 |
Vrydag, 20 Junie |
Kwartaal 3 |
Vrydag, 26 September |
Kwartaal 4 (twee datums) |
Vrydag, 31 Oktober EN Vrydag 28 November |
|
3. |
Ten einde die monitering te fasiliteer, sal die volgende prosedures gevolg word:
3.1.
|
3.2 |
Hierdie moniteringfokusitems sal vir aftekening op die SOBIS verskaf word onder "ADMINISTRATION". |
3.3 |
Die prinsipaal sal antwoorde aanlyn vasvang. |
3.4 |
Die IBB-bestuurders sal 'n afspraak maak om die antwoorde te bespreek en die voltooide blad sal deur beide partye onderteken word.
|
3.5 |
Die prinsipaal sal op SOBIS afteken. |
3.6 |
Een harde kopie sal deur die IBB-bestuurder bewaar word vir ouditeringsdoeleindes. 'n Tweede een sal by die skool gehou word. |
3.7 |
Die IBB-bestuurder sal op Eduinfosearch afteken. |
4. |
Enige navrae sal deur die IBB-bestuurder hanteer word. |
5. |
Ons dank u vir u verbintenis tot gehalte onderwys. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:04:16
|
|