1. |
Dit het onder die aandag van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) gekom dat skoolhoofde nie die besending eksamenvraestelle deeglik kontroleer wanneer dit deur die koeriers afgelewer word nie. Hierdie saak benodig dringende aandag. |
2. |
Die volgende moet gedoen word wanneer besendings afgelewer word:
- kontroleer dat die geleibrief nommers en die hoeveelheid bokse ooreenstem;
- kontroleer die adresse op elke boks om seker te maak dat dit deel van u skool se besending is;
- verseker dat die opsporingsplakker op elke boks ooreenstem met die nommers op die geleibrief;
- verseker onmiddellik dat u vir elke sessie wat deur u kandidate geskryf sal word, vraestelle het;
- maak die dokumentasieboks oop en verwyder die kontrolelys sodat u die besending kan kontroleer (geen sessie mag egter oopgemaak word nie); en
- kontroleer dat u 'n koevert met die kandidaat strepieskode plakkers vir elke sessie ontvang het.
|
3. |
Indien u enige verskille vind, kontak mnr Clive Berry, Assistent-Direkteur: Eksamenvraestelle onmiddellik by tel. no. 021 467 2265. |
4. |
In die geval van enige noodgevalle kan die volgende beamptes gekontak word:
- Mnr BK Schreuder (Adjunk-direkteur-generaal: Kurrikulum- en Assesseringsbestuur
Tel. no. 021 467 2518 of Sel no. 082 373 5989
- Me T Singh (Hoofdirekteur: Assessering en Eksamens)
Tel. no. 021 467 2541 of Sel no. 084 312 8333
- Me Z Modimakwane (Direkteur: Assesseringsbestuur)
Tel. no. 021 467 2057 of Sel no. 071 683 6286
- Mnr A Clausen (Direkteur: Eksamenadministrasie)
Tel. no. 021 467 2945 of Sel no. 082 773 9980
|
U samewerking word waardeer.
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:10:30
|
|