1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) bied lesuitsendings aan via die interaktiewe telematikaplatform, (lesse via satelliet-tegnologie uitgesaai), gedurende die periode van Februarie-Oktober 2014. |
2. |
Die lesse gedurende Februarie en Maart sal die huidige graad 12-leerders en kandidate wat die aanvullende Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSSeksamen) skryf, akkomodeer. |
3. |
Kandidate wat die aanvullende eksamens skryf, kan die uitsending by 'n telematies-toegeruste skool naaste aan hulle woonplek bywoon (sien Bylae B vir die ligging van hierdie skole). Hierdie kandidate word versoek om hulle eie skryfbehoeftes na die lesse te bring. Kandidate wat nie toegang tot enige skool wat in Bylae B genoem is, het nie, kan ondersteuningslesse op DVD's teen 'n nominale prys by die WKOD aankoop deur EDUMEDIA te kontak by 021 689 9536. |
4. |
Die lesse sal die verskillende grade soos volg akkommodeer:
Februarie tot Maart |
Huidige graad 12 en die wat die aanvullende eksamen skryf |
April tot Augustus |
Graad 12 |
September en 1 Oktober |
Graad 10 |
Oktober |
Graad 11 |
|
5. |
Die vakke wat vir graad 11 en 12 aangebied word, is soos volg:
- Wiskunde
- Fisiese Wetenskappe
- Rekeningkunde
- Geografie
- Lewenswetenskappe
- Engels HT
- Afrikaans HT
|
6. |
Graad 10 sal lesse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe ontvang. |
7. |
Die aangehegte Bylae A verskaf die rooster van lesse. Die onderwerpe van die lesse sal in die leerderboeke gedruk word. |
8. |
Die aanbieders is leier onderwysers wat gekies is vir hulle kundigheid in hulle vakke. |
9. |
Aangesien lesse na skoolure deur die week aangebied word, is dit uiters noodsaaklik dat prinsipale reëlings met die ouers van graad 10-, 11- en 12-leerders asook met hulle beheerliggame bespreek. |
10. |
Die bywoning van leerders sal gereeld deur hoofkantoor- en distriksbeamptes gemonitor word. |
11. |
Van prinsipale sal verwag word om weekliks verslag te doen van bywoning deur leerders, sowel as van die suksesse of probleme wat met die program ondervind word. |
12. |
Bykomend tot die aangehegte skedules, kan telematika-uitsendings na die Noord-Kaapse Onderwysdepartement deur die WKOD-skole gekyk word. Sodra hierdie skedules beskikbaar is, sal dit aan skole gekommunikeer word. |
13. |
Indien u enige navrae or hierdie inisiatief het, neem asseblief die vrymoedigheid om Walter Mercuur te kontak by tel. 021 467 2630 of e-posadres walter.mercuur@westerncape.gov.za |
14. |
Prinsipale van nie-telematiese skole word versoek om kandidate wat die aanvullende eksamen skryf, aan te moedig en te help om van hierdie geleentheid gebruik te maak. |
15. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke personeel, graad 10-, 11- en 12-leerders en hulle ouers of voogde te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:02:07
|
|